Ons gaan hierdie jaar voort om elke tweede week ‘n spyskaart te wissel, Spyskaart A & Spyskaart B. Sien die aangehegte foto vir die spyskaart-opsies. Die etes op die spyskaart word weekliks aan ouers via die Karri-toep gestuur waarin jy jou bestellings kan plaas. Die bestellings sluit Sondae om 17:00. Die etes word eerste pouse aan leerders uitgedeel.

Ons gaan ook hierdie jaar ‘n soetgoed-opsie vir ouers uitstuur. Hier kan ouers ‘n kombinasie-opsie vir hul kinders bestel wat tweede pouse aan leerders uitgedeel word.