Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2020. Ons was baie bly om te sien dat ons leerders so graag weer aktief wil raak. Hierdie jaar gaan ons daarop voortbou om ons leerders holisties te ontwikkel en het ons die sportprogam verder uitgebrei.

Ons moet tydens die beoefening van die aktiwiteite steeds alle voorgeskrewe COVID-regulasies nakom. Die sportprogram sal vir almal op Maandag, 22 Februarie, begin. Leerders kan op die onderskeie dae aan ‘n aktiwiteit van hul keuse deelneem.

Die onderstaande punte moet nagekom word tydens die oefeninge:

• Maskers moet gedra word. (Terwyl ‘n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.)

• Maskers moet BUITE die swembad gedra word. In die swembad mag hulle dit verwyder terwyl hulle sosiale afstand toepas.
• Getalle per sessie word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters.
• Leerders sal met die skool se bussies na die Conradieveld / Hoërskool Sportvelde en terug vervoer word. Maskers moet altyd gedra word en leerders moet hul hande ontsmet voordat hulle in die busse klim.
• Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan.
• Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het.
• Vir tennis moet leerders hul eie rakette bring.
• Vir krieket moet leerders sover moontlik hul eie “kit” bring.
• Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word.
• Slegs leerders wat geregistreer is en ‘n “plek-opsie” kon kies, is gewaarborg van ‘n plek vir die daardie aktiwiteit.
• Indien daar vir ‘n sekere aktiwiteit nie meer beskikbare plek is nie, kies “NO More Options”. Dit gee vir ons ‘n aanduiding dat daar meer belangstelling vir ‘n aktiwiteit is en sal help met verdere ontwikkeling en aanpassing van ons program.
• Ouers mag steeds NIE op die skoolterrein uit hul karre klim NIE . Leerders sal na afloop van die aktiwiteit na die motor beweeg.
• Ouers mag NIE op die veld / perseel by die Conradieveld kom nie. Hulle moet buite die Conradieveld se hek wag, leerders sal na hul aktiwiteit hul ouers by die hek ontmoet.
• GEEN toeskouers word toegelaat nie.

Die registrasievorms sal Maandag, 15 Februarie, per WhatsApp aan die onderskeie graadgroepe gestuur word en ook op die skool se webtuiste beskikbaar wees. Bestudeer asb. die sportprogram deeglik voordat die vorm(s) voltooi word. Kies die korrekte graad vir jou kind(ers) en registreer hulle vir die onderskeie sportkodes. Die sluitingsdatum vir registrasie is Donderdag, 18 Februarie, om 12:00.

2021-Buitemuurse-program - Somer