Baie dankie aan almal wat die registrasievorms vir die sportprogram voltooi het. Dis wonderlik om die belangstelling te sien!
Ons wil graag vir almal die geleentheid gee om aan ‘n sportkode deel te neem. Waar daar ‘n waglys is, het ons gepoog om vir elke kind minstens een keer per week aan ‘n sportkode te laat deelneem.

Swem:
Waar leerders vir meer as een dag in geskryf het en daar ander was wat geen plek gekry het nie, het ons dit nou so verander dat elke kind ten minste een keer in die week die geleentheid het om te swem. Hierdie reëling het ons ook vir tennis en atletiek veral by die jonger grade toegepas. Ons glo dat almal verstaan en ook vir ‘n ander maatjie die geleentheid gun om aan iets deel te neem.

Indien jou kind nie meer daarin belangstel om aan iets deel te neem nie, stel asb. die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za) in kennis sodat ons vir iemand op die waglys dalk die geleentheid kan gee om deel te neem. Die volgende persoon op die waglys word bepaal deur die tye waarop die registrasievorms ingevul is.

Kliek op die gepaste graad om die finale indeling / registrasie van jou kind/ers te sien. Dit sal ook op die webtuiste beskikbaar wees.