Ons het gedurende die vakansie ‘n skrywe van die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Federasie ontvang wat aandui dat daar geen Skole / Sone / Kring / Distrik / Provinsiale en Nasionale atletiekbyeenkomste gaan plaasvind nie. Dit is vir hierdie rede dat ons eers ons Interhuis-byeenkoms afstel wat ons van einde 2020 laat oorstaan het.

Ons beplan om steeds met atletiekoefening voort te gaan en sal saam met die res van die buitemuurse program op 22 Februarie begin. Om dit vir almal veilig te maak en by alle COVID-regulasies te hou, sal ouers weer hul kind/ers moet registreer. Hierdie skakel sal in die volgende nuusbrief beskikbaar wees.

Ons glo en vertrou dat dinge met tyd weer na normaal sal terugkeer en ons aan die einde van die jaar weer ons tradisionele Interhuis byeenkoms sal kan hou.