Baie dankie aan elkeen wat ons aflaai- en optelbeleid so mooi volg. Ons doen ‘n beroep dat jy asb. versigtig moet wees waar jy jou kind aflaai. Kinders dink en kyk nie mooi nie, hulle hardloop sommer net voor motors in, want om skool toe te kom is hul missie vir die oggend. Maak seker dat jou kind op ‘n veilige plek afgelaai word. Gesels met hulle oor padveiligheid. Ons kinders is vir ons uiters kosbaar en ons wil hulle veilig hou.