Baie geluk aan Mia Symington (O/12 B-span) en Dawid-Wiese Viljoen (O/11 B-span) wat verlede naweek, 13 & 14 Februarie, die Kaapse Metro (WP) spanne verteenwoordig het in tenniswedstryde teen die Junior Kavalier (Boland) spanne. Die O/13-spanne het naelskraaps verloor. Die O/12-spanne het gewen en die O/11-spanne het met 1 punt (stel) verloor. Ons hou vir hulle duimvas vir die volgende provinsiale wedstryde.