Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo dat ons in ‘n oogwenk alweer die einde van week 4 van kwartaal 3 bereik het. Ek dink vandag in besonders aan al ons ouers/voogde en leerders wat tans Covid onder lede het of wat self-isoleer. Dit is baie moeilik om van jou familie, vriende of kollegas geskei te word, maar dit is so noodsaaklik om te verhoed dat die virus verder na jou geliefdes en gemeenskap versprei. Self-isolasie affekteer ‘n mens se normale aktiwiteite, roetines en werksaamhede. Dit opsig self kan weer ‘n toename in eensaamheid, angs en depressie tot gevolg hê. Hierdie onsigbare vyand diskrimineer nie teen ouderdom, waar jy woon, of waar jy werk nie. Enige persoon kan besmet word. Hierdie wêreldwye krisis het geweldige negatiewe gevolge, maar dit is jou keuse hoe jy dit gaan aanpak. Wees verseker dit is normaal om tydens die ongekende tye hartseer, gespanne of oorweldig te voel. Gesels met mense wat jy kan vertrou as dinge neerdrukkend raak. Die pandemie word oorweldigend met negatiewe 'goed' geassosieer, maar dit bied ook ‘n geleentheid om ‘n persoonlike inventaris van ons lewens te maak, nuwe perspektief te kry en te bepaal wat ons eintlike prioriteite in die lewe moet wees. My gebed is dat ons sal aanhou hoop, meer dankbaar sal wees en nooit ophou om te droom waarin ons in die lewe wil belê nie. Covid het verder ook veroorsaak dat julle as ouers/voogde nie meer so gereeld by die skool kan kom inloer nie. Ek kry so min die geleentheid om vir julle te vertel en te wys wat alles t.o.v. die akademie op ‘n daaglikse basis by...

Eisteddfod: Spraak

Die Eisteddfod spraak (gedig, lees en prosa) vind op 10 & 11 September by ons skool plaas. Verdere reëlings in verband met parkering sal later volg. Ongelukkig kan geen ouers kom kyk nie.

Boekskenking

Met groot trots verwelkom ons 'n nuwe boek in die biblioteek! Die splinternuwe kinderboek, "Lukas bou 'n Superkar" wat deur Peti Troski, Simon en Lea van Dyk se ma, geskryf is. Van ons Jannies se kant af, wil ons opreg vir Simon, Lea en Peti dankie sê vir hierdie wonderlike geskenk en toevoeging tot ons biblioteek!  Verder wil ons graag vir Peti gelukwens met die skryf van hierdie pragtige...

Sport vir die res van die kwartaal

In hierdie nuwe normaal streef ons daarna om vir ons leerders soveel moontlike geleenthede binne al die voorgeskrewe riglyne te skep. Ons beplan die volgende sportbyeenkomste of -wedstryde om vir ons spelers blootstelling te gee. Op Vrydag, 20 Augustus, neem 4 spelers aan die Paarl Primêre Seunskool se Skaaktoernooi in die Paarl deel. Ons wens vir Heinke Punt, Gustav van der Linde, Susie Samuels, Emma Snijders en juffrou Marietjie de Kock baie sterkte toe. Laerskool Van Riebeeckstrand het ons Donderdag gekontak vir netbal- en rugbywedstryde op Woensdag, 25 Augustus. Ons beplan om voorlopig die volgende spanne in te skryf: Netbal: O/9 A, B & C; O/10 A & B; O/11 A, B & C; O/12 A & B; O/13 A, B & C.(TUIS) Rugby: O/9 A & B; O/11 A & B; O/13 A (WEG) Ons beplan om 'n bietjie later vir die hokkie iets te probeer reël. Op Woensdag, 1 September, het ons netbalwedstryde met Laerskool Kampsbaai vir O/9 - O/13 A & B vasgemaak. Hierdie wedstryde sal by hulle plaasvind (WEG). Oor die naweek van 9 tot 11 September wil ons die winterseisoen met 'n interne toernooi vir die skaak, hokkie, netbal en rugby afsluit. Ons beplan om vir al ons leerders oor die 3 dae wedstryde te skep waar hulle teen hul maats kan speel. 9 September: 'n middag van skaakwedstryde 10 September: Hokkiewedstryde 11 September: Netbal- en rugbywedstryde Op Saterdag, 11 September, bied Paarl Gimnasium 'n O/12-netbaltoernooi aan waarvoor ons al vroeër in die jaar ingeskryf het wat voortgaan. Die O/12 A-span sal dus vir die dag in die Paarl wees. Al die wedstryde sal...

‘n Derde spyskaart vir die snoepie!

Ons streef daarna om die snoepie se disse interessant te hou en het weer vir volgende week 'n nuwe spyskaart vir die leerders saamgestel. Die gewildste dis, spaghetti, maak egter steeds sy verskyning. Bestellings kan weekliks deur die Karri-toepassing gemaak word en sluit Sondae om 17:00 vir die volgende week. Indien ouers nie enige uitnodigings vir hierdie snoepie-versamelings ontvang nie, stuur asb. 'n e-pos aan...

Nuwe biblioteekstelsel

Die biblioteek het 'n nuwe stelsel aangekoop wat ons so gou as moontlik in werking wil stel. Vir dit om te plaas te vind, moet alle biblioteekboeke op die nuwe stelsel gelaai word. Juffrou Annami Gerber gaan sekere dele van die biblioteek sluit terwyl boeke opgelaai word. Die Engelse fiksie-afdeling sal tot verdere kennisgewing gesluit wees. Leerders kan dus nie op die oomblik Engelse-fiksie boeke uitneem nie. Maak asseblief seker dat jou kind/ers alle Engelse fiksieboeke wat aan die biblioteek behoort, kom inhandig. Baie dankie vir julle begrip en...

Loslitdag

Vrydag, 3 September 2021, is Loslitdag! Tema: Durf & Deernis met Disney - Trek aan soos jou gunsteling Disney-karakter. Betaal R20 vir 'n loslitdag plakker om Vrydag, 3 September, sivvies volgens die tema aan te trek! Plakkers is vanaf Maandag, 23 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar. Fondse word ten bate van die Paarl-ontwikkelingskool...

Geagte Ouers / Voogde

Ek hoop en vertrou almal het ‘n heerlike lang naweek geniet en nie vergeet om die Nasionale Vrouedag op 9 Augustus hoog te ag aangesien die spesiale dag die baanbreker bydraes van vroue oor die jare in Suid-Afrika vier. Dit was terselfdertyd ‘n ideale geleentheid om opnuut oor die regte van vroue in ons pragtige land te besin. Baie dankie vir al die Jannies en personeel wat op Dinsdag, 10 Augustus, pers klere aangetrek het om die spesiale dag te ondersteun. Terwyl ons die naweek terdeë geniet het, was daar egter ‘ongekende pyn’ in die Britse en Ierse Leeus-kamp met die Springbokke wat die 3de en beslissende toets in Kaapstad met 19 - 16 gewen het. Die Bokke het beslis karakter getoon, die Leeus se stert geknoop en gewys waarom hulle die 2019 Wêreldbeker Kampioene is. Ek is seker daar sal nog lank oor die deurslaggewende bydraes van die immergroen Morné Steyn en die fenomenale Cheslin Kolbe rondom braaivleisvure gepraat word. Vrydag, 6 Augustus, was dit lekker gewees om te sien hoe die Jannies en personeel in groen geklee skool toe gekom het ter ondersteuning van die Bokke se titaniese stryd die volgende dag. Ek het ook op Woensdag, 11 Augustus, die voorreg gehad om die balkies aan ons 2021 biblioteek-monitors in my kantoor te oorhandig. Ek het hulle by voorbaat bedank vir hul goeie werk en toewyding om die leeskultuur by Laerskool Jan van Riebeeck verder uit te bou. Dus doen ek ‘n beroep op ons ouers/voogde om jou kind/ers aan te moedig om te lees. Help hulle om nuwe woorde te leer en woordeskat te bou. Lees...

Gelukwensings

Ons liewe juffrou Andri Baird het die afgelope naweek aan Johan de Villiers van die wynplaas, Klein Roosboom, verloof geraak. Ons is baie opgewonde om hierdie goeie nuus met haar te deel! Dis ook heerlik om te noem dat juffrou Lucia de Jager se oudste dogter, Nita, wat 5 jaar gelede hier by ons die hoofdogter was, as een van die Top 10 finaliste van SARIE NuweGesig 2021 aangewys is. Ons is baie trots op hierdie...

Huldeblyk

Vir 18 jaar was tannie Marie de Kock dié rooikoptannie wat vir ons leerders met huiswerkklasse gehelp en ondersteun het. Haar geselsies en kundigheid ten opsigte van spesifiek Afrikaans sal ons nie sommer vergeet nie. Ons medelye gaan aan haar dogter, Kai, en naastes wat haar verlede Vrydagoggend aan die dood moes afstaan. Ons sal haar nog lank in ons Jannie-gedagtes bly...

ATKV Redenaars 2021

Die ATKV-redenaarskompetisie het hierdie jaar aanlyn plaasgevind. Elke leerder moes 'n video van hulle toespraak vir beoordeling stuur. Na maande se gewag en tandekners is die uitslae uiteindelik hierdie week bekendgemaak. Ons het 'n allemintige drie leerders in die Top 10 van die Wes-Kaap in die gr.4 & 5 groep en twee leerders in die gr.6 & 7 groep! Ons deel met trots die uitslae: Gr. 4 - 5 (Huistaal) Karu Rademeyer (Gr. 4) – 2de plek in die Wes-Kaap , 29ste plek in die Nasionale Top 100. Emma Snjiders (Gr. 4) – 6de plek in die Wes-Kaap Annabel Potgieter (Gr. 5) – 9de plek in die Wes-Kaap Gr. 6 – 7 (Huistaal) Mieke Hertzog (Gr. 7) – 5de plek in die Wes-Kaap , 37ste plek in die Nasionale Top 100 Carla Snjiders (Gr.7) – 10de plek in die Wes-Kaap , 69ste plek in die Nasionale Top 100 Baie geluk met jul besonderse prestasies! Ons harte bars van trots. Baie dankie ook aan juf. Andri Baird wat hierdie groep redenaars so uitstekend gelei en bygestaan...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor