Die ATKV-redenaarskompetisie het hierdie jaar aanlyn plaasgevind. Elke leerder moes ‘n video van hulle toespraak vir beoordeling stuur. Na maande se gewag en tandekners is die uitslae uiteindelik hierdie week bekendgemaak. Ons het ‘n allemintige drie leerders in die Top 10 van die Wes-Kaap in die gr.4 & 5 groep en twee leerders in die gr.6 & 7 groep!

Ons deel met trots die uitslae:

Gr. 4 – 5 (Huistaal)

Karu Rademeyer (Gr. 4) – 2de plek in die Wes-Kaap , 29ste plek in die Nasionale Top 100.
Emma Snjiders (Gr. 4) – 6de plek in die Wes-Kaap
Annabel Potgieter (Gr. 5) – 9de plek in die Wes-Kaap

Gr. 6 – 7 (Huistaal)

Mieke Hertzog (Gr. 7) – 5de plek in die Wes-Kaap , 37ste plek in die Nasionale Top 100
Carla Snjiders (Gr.7) – 10de plek in die Wes-Kaap , 69ste plek in die Nasionale Top 100

Baie geluk met jul besonderse prestasies! Ons harte bars van trots. Baie dankie ook aan juf. Andri Baird wat hierdie groep redenaars so uitstekend gelei en bygestaan het.