Vir 18 jaar was tannie Marie de Kock dié rooikoptannie wat vir ons leerders met huiswerkklasse gehelp en ondersteun het. Haar geselsies en kundigheid ten opsigte van spesifiek Afrikaans sal ons nie sommer vergeet nie. Ons medelye gaan aan haar dogter, Kai, en naastes wat haar verlede Vrydagoggend aan die dood moes afstaan. Ons sal haar nog lank in ons Jannie-gedagtes bly koester.