Ons streef daarna om die snoepie se disse interessant te hou en het weer vir volgende week ‘n nuwe spyskaart vir die leerders saamgestel. Die gewildste dis, spaghetti, maak egter steeds sy verskyning. Bestellings kan weekliks deur die Karri-toepassing gemaak word en sluit Sondae om 17:00 vir die volgende week. Indien ouers nie enige uitnodigings vir hierdie snoepie-versamelings ontvang nie, stuur asb. ‘n e-pos aan snoepie@jvrprim.co.za.