Ons liewe juffrou Andri Baird het die afgelope naweek aan Johan de Villiers van die wynplaas, Klein Roosboom, verloof geraak. Ons is baie opgewonde om hierdie goeie nuus met haar te deel!

Dis ook heerlik om te noem dat juffrou Lucia de Jager se oudste dogter, Nita, wat 5 jaar gelede hier by ons die hoofdogter was, as een van die Top 10 finaliste van SARIE NuweGesig 2021 aangewys is. Ons is baie trots op hierdie oud-leerder!