Die biblioteek het ‘n nuwe stelsel aangekoop wat ons so gou as moontlik in werking wil stel. Vir dit om te plaas te vind, moet alle biblioteekboeke op die nuwe stelsel gelaai word. Juffrou Annami Gerber gaan sekere dele van die biblioteek sluit terwyl boeke opgelaai word. Die Engelse fiksie-afdeling sal tot verdere kennisgewing gesluit wees. Leerders kan dus nie op die oomblik Engelse-fiksie boeke uitneem nie. Maak asseblief seker dat jou kind/ers alle Engelse fiksieboeke wat aan die biblioteek behoort, kom inhandig. Baie dankie vir julle begrip en samewerking!