Met groot trots verwelkom ons ‘n nuwe boek in die biblioteek! Die splinternuwe kinderboek, “Lukas bou ‘n Superkar” wat deur Peti Troski, Simon en Lea van Dyk se ma, geskryf is. Van ons Jannies se kant af, wil ons opreg vir Simon, Lea en Peti dankie sê vir hierdie wonderlike geskenk en toevoeging tot ons biblioteek!  Verder wil ons graag vir Peti gelukwens met die skryf van hierdie pragtige boek.