In hierdie nuwe normaal streef ons daarna om vir ons leerders soveel moontlike geleenthede binne al die voorgeskrewe riglyne te skep. Ons beplan die volgende sportbyeenkomste of -wedstryde om vir ons spelers blootstelling te gee.

Op Vrydag, 20 Augustus, neem 4 spelers aan die Paarl Primêre Seunskool se Skaaktoernooi in die Paarl deel. Ons wens vir Heinke Punt, Gustav van der Linde, Susie Samuels, Emma Snijders en juffrou Marietjie de Kock baie sterkte toe.

Laerskool Van Riebeeckstrand het ons Donderdag gekontak vir netbal- en rugbywedstryde op Woensdag, 25 Augustus. Ons beplan om voorlopig die volgende spanne in te skryf:
Netbal: O/9 A, B & C; O/10 A & B; O/11 A, B & C; O/12 A & B; O/13 A, B & C.(TUIS)
Rugby: O/9 A & B; O/11 A & B; O/13 A (WEG)

Ons beplan om ‘n bietjie later vir die hokkie iets te probeer reël.

Op Woensdag, 1 September, het ons netbalwedstryde met Laerskool Kampsbaai vir O/9 – O/13 A & B vasgemaak. Hierdie wedstryde sal by hulle plaasvind (WEG).

Oor die naweek van 9 tot 11 September wil ons die winterseisoen met ‘n interne toernooi vir die skaak, hokkie, netbal en rugby afsluit. Ons beplan om vir al ons leerders oor die 3 dae wedstryde te skep waar hulle teen hul maats kan speel.
9 September: ‘n middag van skaakwedstryde
10 September: Hokkiewedstryde
11 September: Netbal- en rugbywedstryde

Op Saterdag, 11 September, bied Paarl Gimnasium ‘n O/12-netbaltoernooi aan waarvoor ons al vroeër in die jaar ingeskryf het wat voortgaan. Die O/12 A-span sal dus vir die dag in die Paarl wees.

Al die wedstryde sal volgens COVID-regulasies plaasvind. Dit beteken ongelukkig dat GEEN TOESKOUERS op die perseel toegelaat word nie. Dit kan ongelukkig ook gebeur dat ons van hierdie geleenthede op kort kennisgewing sal moet kanselleer. Indien dit gebeur, wil ons julle verseker dat dit gedoen is vir almal se veiligheid en met hul beste belange in gedagte.

Ons sal dan op Maandag, 13 September, met ons somer buitemuurse program begin. Ons sal dit nader aan die tyd publiseer.

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende hierdie tyd!