Leerders wys hul talente in die naaldwerkklas

Juf. Conradie en juf. Burger het in kwartaal 2 met naaldwerkklasse vir leerders begin. 5 Graad 4-leerders het elke Woensdag bymekaar gekom om te werk aan verskeie naaldwerkprojekte. Hulle mees onlangse voltooide projek is 'n bucket hat. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt! Baie geluk aan die volgende leerders: Gabriella Buckenham, Nell du Toit, Klara Wessels, Cara Nel en Kyle...

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo met twee weke van die kwartaal agter die rug het elke huishouding in ons skoolgemeenskap weer sy spreekwoordelike natuurlike ritme en skoolroetine gevind. Verskeie sportwedstryde en -oefeninge het ook die afgelope week plaasgevind ter voorbereiding vir die sportnaweek te Laerskool Robertson wat vandag met hokkie afskop en môre met die netbal- en rugbywedstryde eindig. Ek hoop om julle ook by die heerlike sportnaweek te sien. By voorbaat dankie vir hierdie ondersteuning. Bo en behalwe die verskeie sportwedstryde waaraan ons Jannies oor die naweek gaan deelneem, is daar natuurlik die kosbare plattelandse gasvryheid, lekkernye en samesyn om na uit te sien. Diegene wat hierdie geleentheid gebruik as ‘n wegbreek om saam met vriende en/gesinslede te spandeer, moet die pragtige Robertson-omgewing baie geniet en veilig reis. Dit is dan my voorreg om vir julle kortliks terugvoering te gee rakende ons welwillendheid projek vir kwartaal 2 wat deur juf. Nicola baie suksesvol gedryf is. Deel van Mandela Dag wat op 18 Julie 2022 internasionaal gevier word, is besluit dat ons ons 67 minute gaan verdiskonteer in ‘n voedingskema by Laerskole Ellerton en Prestwich. Baie dankie aan diegene wat ons met die projek bygestaan het om na geïdentifiseerde, behoeftige gemeenskappe uit te reik en te ondersteun. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat binne graadverband vir ons die onderstaande voedselprodukte ruim geskenk het: Graad 1: Pilchards in tamatiesous (blikkies) Graad 2: Rys Graad 3: Samp (droog in sakkies) Graad 4: Bruin lensies (droog in sakkies) Graad 5: Sugar beans (droog in sakkies) Graad 6: Soja "Mince" Graad 7: Olie Op Dinsdag, 26 Julie, het ons Hoofseun (Owen Wiese) en Hoofdogter (Liza...

Rugbywedstryde Vredelust: 3 Augustus

Van ons spanne speel Woensdag, 3 Augustus, teen Laerskool Vredelust WEG. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou kind / ers deel van die span is.   SPANNE: o.7 A (10-aan 'n kant) .o.8 A (10-aan 'n kant) o.9 A (10-aan 'n kant) o.11 A (15-aan 'n kant) o.13 A (15-aan 'n kant) PLEK: Vredelust Sportvelde, Settlersweg Let asb. daarop dat hul velde nie by die Laerskool sit nie. Sien die padkaart vir aanwysings. VERTREKTYD: 13:15 [O/7 - O/8]  14:00 [O/9 - O/13] TERUG BY SKOOL:   ±17:30 PROGRAM  GOOGLE...

Hokkiewedstryde Totius en Generations Sunningdale: 4 Augustus

Die onderstaande spanne speel Donderdag, 4 Augustus, teen Laerskool Totius en Generations Sunningdale. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou kind /ers deel van die span is.  SPANNE vir TUIS wedstryde:  Dogters: o.9 B (teen Generations Sunningdale) o.12 A (teen Generations Sunningdale) Seuns:  o. 9 B (teen Generations Sunningdale) o.10 B (teen Totius) o.11 B (teen Totius) o.12 A (teen Generations Sunningdale) o.13 A (teen Totius) PLEK: Conradieveld, Varsity straat, Tamboerskloof WEDSTRYDE: Begin sodra die skole arriveer   PROGRAM   GOOGLE FORM     SPANNE vir WEG wedstryde:  Dogters: o.10 B o.11 B o.13 B   PLEK:  Hoërskool DF Malan grasvelde VERTREKTYD:  14:00 TERUG BY SKOOL:   ±16:30 WEDSTRYDE: 15:00   PROGRAM   GOOGLE...

Netbalwedstryde Monte Vista: 3 Augustus

Die onderstaande spanne speel Woensdag, 3 Augustus, teen Laerskool Monte Vista WEG. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou dogter deel van die span is. SPANNE:  o.7 Akkedisse  o.8 Akkedisse & Bokkies o.9 A, en B o.10 A en B o.11 A en B o.12 A en B o.13 A en B PLEK: Laerskool Monte Vista VERTREKTYD (Vanaf die skool) 13:10 [O/7 & O/8] 14:00 [O/9 - O/13] TERUG BY SKOOL:   ±17:30 PROGRAM: Ons het slegs die tye soos volg van Monte Vista ontvang. o.7A - 14:00 o.8A - 14:00 o.8B - 14:00   o.9A - 15:00 o.9B - 15:00 o.10B - 15:00 o.11B - 15:00   o.12A - 15:30 o.13B - 15:30 o.11A  - 15:30 o.10A - 15:30   o.12B - 16:00 o.13A - 16:00 GOOGLE...

Thomas Boshoff presteer in Paarl Talentkompetisie

Thomas Boshoff het vir die Paarl Talentkompetisie wat in die nuusbrief geadverteer was, ingeskryf en baie goed presteer! Hy het die liedjie "Hey Soul Sister" van Train gesing en sy Ukulele gespeel. Hy is deur na die finale rondte. Baie geluk, Thomas! Hy gaan op 9 Augustus die bekendstelling van die finaliste funksie bywoon en op 27 Augustus vind die finale rondte plaas. Sterkte, Thomas. Ons hou vir jou...

Optrede deur Seniorkoor: 2 Augustus

Die Seniorkoor tree Dinsdagaand om 18:30 by die Groote Kerk aan die bo-punt van Adderleystraat by die Hoërskool se Koorfees op. Daar tree 4 skole op. Die program is nie baie lank nie en behoort teen 20:00 klaar te wees. Ouers wat nie kaartjies gekoop het nie, moet asb. die kinders nie later as 20:00 kom afhaal nie. Ons doen 'n beroep op die ouers om tot aan die einde van die verrigtinge te bly. Koorlede sit as 'n groep op die galery. Koordrag: Netjiese winterskooldrag. Geen truie of baadjies nie. Dogters dra swart kouse. Geen eet- en drinkgoed word in die kerk ingebring...

GEEN Buitemuurs 1 en 2 Augustus

Daar sal geen buitemuurs op Maandag, 1 Augustus, en Dinsdag, 2 Augustus, as gevolg van die ouerbesoeke wat beide middae plaasvind, aangebied word nie. Daar vind wel wedstryde gedurende daardie week plaas.  Wees asb. op die uitkyk vir die inligting. Skooltye vir Maandag en Dinsdag: Gr.1-3:  12:45 Gr.4-7:  13:00 Bus vertrek 13:05...

Landloop Bishops: 29 Julie

Die tweede wedloop vir die seisoen vind Vrydag, 29 Julie, plaas. Dit word deur Bishops en WPPS aangebied. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb. die vorm indien jou kind/ers wil deelneem. PLEK: Lutgensvale Field VERTREKTYD: 14:00 TERUG BY SKOOL: ±17:15 SPORTDRAG: • Oranje hempie (dogters geen moue, seuns met moue) en vlootblou kortbroek • Skoolsweetpak (gemerk) • Tekkies met wit sokkies • Plakker met naam en ouderdom (ontvang by die skool, onderwyser sal aan deelnemers uitdeel by wedloop) PROGRAM 14:45 Verwelkoming 15:00 o.7 Seuns 1km 15:04 o.7 Dogters 1km 15:10 o.8 Seuns 1km 15:14 o.8 Dogters 1km 15:20 o.9 Seuns 2km 15:24 o.9 Dogters 2km 15:30 o.10 Seuns 2km 15:34 o.10 Dogters 2km 15:40 o.11 Seuns 3km 15:44 o.11 Dogters 3km 15:50 o.12 Seuns 3km 15:54 o.12 Dogters 3km 15:58 o.13 Dogters 3km 16:02 o.13 Seuns 4km * Daar sal 'n SNOEPIE beskikbaar wees. Volg die skakel vir die GOOGLE FORM. PADKAART en...

Hokkiewedstryde Rallim: 28 Julie

Van ons spanne speel op Donderdag, 28 Julie, teen Rallim op hul astro velde. Die spanne (dogters o.10, o.12 en o.13; seuns o.12 en o.13) wat nie wedstryde speel nie gaan voort met oefening. Volg asb. die skakel vir die Google Form om aan te dui of jou kind/ers kan speel. SPANNE: Dogters: o.9 A; o.11 A Seuns: o.9 A; o.10 A; o.11 A PLEK: 9 Deerhurst Drive, Sunningdale VERTREKTYD:  13:45 (o.9 & o.10)   14:10 (o.11) TERUG BY SKOOL: ±16:30 WEDSTRYDE: Sien aangehegde program PROGRAM GOOGLE...

Netbalwedstryde Table View: 27 Julie

Al ons spanne speel Woensdag, 27 Julie, teen Laerskool Table View TUIS. Sien asb. die onderstaande inligting en volg die skakel vir die Google Form om te sien of jou dogter deel van die span is. SPANNE: o.7 Akkedisse, Bokkies & Cheetas o.8 Akkedisse, Bokkies en Cheetas o.9 A, B & C ; o.10 A, B o.11 A, B & C (gekombineerde o.10 & o/11 spelers) o.12 A, B & C o.13 A, B & C PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE: Begin sodra die ander skool arriveer. PROGRAM GOOGLE...

Netbal- en rugbytoernooi Robertson: 30 Julie

SPANNE: Rugby o.7 A & B; o.8 A & B; o.9 A; o.11 A & o.13 A Netbal o.7 Akkedisse & Bokkies; o.8 Akkedisse & Bokkies; o.9 A, B & C; o.10 A & B; o.11 A & B; o.12 A, B & C; o.13 A, B & C PLEK: Robertson, Laerskool Robertson WEDSTRYDE: Begin om 08:00 PROGRAM TOEGANG: R10 volwassenes en R5 kinders.  BUS VERTREK: 04:30 BUS TERUG: ± 17:00 BUS KOSTE: R 50 indien slegs eendag deelneem. R 80 indien op Vrydag en Saterdag deelneem *Betalings kan op die Karri-toep gedoen word in die nuwe kwartaal. SPORTDRAG: Rugby • Rugbytrui en bloubroek • Skoolsweetpak (gemerk) • Indien spelers 'n sweetpak dra moet hulle tekkies dra Netbal • Netbalrompie en oranje JVR-hempie (sonder moue) • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Daar sal 'n snoepie en ander stalletjies beskikbaar...

Hokkietoernooi Robertson: 29 Julie

SPANNE: Hokkie: Seuns o.9 A ; o.10 A ; o.11 A; o.13 A en o.13 B (o.12 seuns) Hokkie: Dogters o.9 A ; o.10 A ; o.11 A; o.13 A PLEK: Robertson, Laerskool Robertson WEDSTRYDE: Begin om 14:00 PROGRAM TOEGANG: R10 volwassenes en R5 kinders.  BUS VERTREK: 10:30 BUS TERUG: ± 20:00 BUS KOSTE:    R 50 indien slegs eendag deelneem.                              R 80 indien op Vrydag en Saterdag deelneem *Betalings kan op die Karri-toep gedoen word. SPORTDRAG: Hokkie: Dogters • Blou skort en oranje JVR-hempie (geen moue) • Lang blou kouse met oranje streep (beskikbaar by klerebank) • Shin gaurds & mondskerm • Tekkies (GEEN sokker toks) • Skoolsweetpak (gemerk) Hokkie: Seuns • Blou kortbroek en rugby trui • Lang blou kouse met oranje streep (beskikbaar by klerebank) • Shin gaurds & mondskerm • Tekkies (GEEN sokker toks) • Skoolsweetpak (gemerk) Daar sal 'n snoepie en ander stalletjies beskikbaar...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor