Thomas Boshoff het vir die Paarl Talentkompetisie wat in die nuusbrief geadverteer was, ingeskryf en baie goed presteer! Hy het die liedjie “Hey Soul Sister” van Train gesing en sy Ukulele gespeel. Hy is deur na die finale rondte. Baie geluk, Thomas! Hy gaan op 9 Augustus die bekendstelling van die finaliste funksie bywoon en op 27 Augustus vind die finale rondte plaas. Sterkte, Thomas. Ons hou vir jou duimvas!