Die Seniorkoor tree Dinsdagaand om 18:30 by die Groote Kerk aan die bo-punt van Adderleystraat by die Hoërskool se Koorfees op. Daar tree 4 skole op. Die program is nie baie lank nie en behoort teen 20:00 klaar te wees. Ouers wat nie kaartjies gekoop het nie, moet asb. die kinders nie later as 20:00 kom afhaal nie. Ons doen ‘n beroep op die ouers om tot aan die einde van die verrigtinge te bly.

  • Koorlede sit as ‘n groep op die galery.
  • Koordrag: Netjiese winterskooldrag. Geen truie of baadjies nie. Dogters dra swart kouse.
  • Geen eet- en drinkgoed word in die kerk ingebring nie.