Juf. Conradie en juf. Burger het in kwartaal 2 met naaldwerkklasse vir leerders begin. 5 Graad 4-leerders het elke Woensdag bymekaar gekom om te werk aan verskeie naaldwerkprojekte. Hulle mees onlangse voltooide projek is ‘n bucket hat. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt! Baie geluk aan die volgende leerders: Gabriella Buckenham, Nell du Toit, Klara Wessels, Cara Nel en Kyle Meissenheimer.