SAMF-Wiskunde Olimpiade
Die Wiskunde Olimpiade word regoor Suid-Afrika vanaf graad 4 tot 7 geskryf. Die eerste twee rondtes word by die verskeie skole geskryf en daarna word die top 100 leerders per graad gekies om aan die derde en finale rondte deel te neem. Baie geluk aan Katryn Silvis en Ruben de Ridder (graad 4), Katia van Wyk (graad 6) en Luja Marx (graad 7) wat almal uitgenooi is om aan die finale rondte deel te neem. Dit is 'n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op die leerders en ons hou duimvas vir die volgende...
MathArt kunskompetisie 2022
Die gr.7’s het vroeër hierdie jaar aan die Nelson Mandela Universiteit se jaarlikse MathArt kompetisie deelgeneem. Die tema was MATHEMATICS IS THE LANGUAGE OF SCIENCE. Leerders moes ‘n kunswerk maak wat die tema uitbeeld en wat wys hoe Wiskunde en Kuns bymekaar aansluit. Ons is ongelooflik trots op die uitslae, veral ook omdat dit ‘n landswye kompetisie is. Laerskool Jan van Riebeeck is aangewys as die laerskool met die meeste pryswenners. Van die 20 medaljes wat aan laerskole toegeken is, het ons skool 8 gewen. Die BRONS medaljewenners is: Helene Greeff Adele Holtzhausen Nell von Lieres Die SILWER medaljewenners is: Lara Basson Liza Hitge Luja Marx Cara Swanepoel (Daar is net 7 silwer medaljes toegeken, waarvan ons 4 in gepalm het!) GOUE medalje: Mïlla Joubert (Daar is slegs 2 goue medaljes toegeken) Oorhandiging van die silwer en goue medaljes vind Donderdagaand, 25 Augustus, by Artscape...
Rugbywedstryde, Pinehurst: 23 Augustus
Ons het ekstra wedstryde vir ons o.8 en o.9 rugbyspanne vir volgende week gereël. Let daarop dat dit op Dinsdag plaasvind. Sien die onderstaande inligting en voltooi asb die google form. SPANNE: o.8 A (10-aan 'n kant) o.9 A en B (10-aan 'n kant) PLEK: Pinehurst Primary school, Pinelands VERTREKTYD: 13:45 TERUG BY SKOOL: ±16:00 PROGRAM: o.8 – 14:30 o.9B – 15:00 o.9A – 15:30 GOOGLE...
Eisteddfod: Klavier
Die eerste deel van die Klavier Eisteddfod het uitstekend afgeloop. Ons leerders het besonder goed presteer. Baie geluk! Saterdag, 27 Augustus, speel Gr. 6 en 7 by St Cyprians. Ons hoop dit gaan daar net so goed. Thomas Holtzhausen 90% Markus van Vuren 90% Nell du Toit 92% Neill Ferreira 95%, 93% Sabine Barnard 87%, 92% Ruben de Ridder 90%, 94% Susie Samuel 87%, 88%, 86% Cara Stolz 84% Chanelle van Wyk 88%, 95% Leah de Kock 93%, 96%, 88%, 92% Ané Swanepoel 88%, 78%, 88% Philip van Rooyen 92%, 87% Stella Zulch 86% Lisa van As 88% Katia van Wyk 86% Lara Basson ...
Weskus Koorfees
Neem solank kennis van 'n belangrike koordatum: Donderdagaand, 20 Oktober. Weskus Koorfees by Laerskool Sunningdale. Albei ons kore neem deel. Alle detail sal nader aan die tyd bekend gemaak word.
Skaakwedstryde: 19 Augustus
Ons het Vrydag, 19 Augustus, weer op twee verskillende plekke skaakwedstryde. Ons het vir die junior spelers vriendskaplike wedstryde TUIS gereël en ons senior spelers speel ligawedstryde WEG. Sien die onderstaande inligting en voltooi die google form indien jou kind/ers se naam op die spanlys verskyn. Vriendskaplikewedstryde TUIS: Kampsbaai kanselleer die wedstryde SPANNE: x5 graad 1 spelers x5 graad 2 spelers PLEK: L/s Jan van Riebeeck biblioteek WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 WEDSTRYDE EINDIG: ±15:15 GOOGLE FORM Ligawedstryde WEG: SPAN: o.11 Gemengde span PLEK: Hout Bay International school VERTREKTYD: 13:30 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:30 TERUG BY SKOOL: ±15:30 GOOGLE...
Trekker bou op Villiersdorp
Ruben en Vincent Oosthuizen se oupa het ʼn baie skaars Gudbrod trekkertjie gerestoureer. Sy droom was dat sy kleinseuns en hul beste vriend, Dewald Buitendag, die trekkertjie in geheel uitmekaar haal en dan weer aanmekaar sit. Die seuns het die uitdaging aanvaar. Die einddoel was om aan die uitstallings by die Wes-Kaapse Veteraan Trekker en Masjien skou deel te neem. Na maande se harde oefening het hulle tydens die skou op Villiersdorp die wisseltrofee vir die Mees Uitsonderlike Inskrywing verwerf. Hulle kon in ʼn rapsie meer as ʼn halfuur die trekkertjie uitmekaar haal en weer aanmekaar sit. Dit was ʼn uitsonderlike prestasie en wonderlik dat hul oupa se droom waar geword...
Swemprestasie: Delmar Benecke
Delmar Benecke het Vrydag, 12 Augustus, aan die Nite series Swemgala te Sweet Valley Primary deelgeneem. Hy was 2de in 50m Vryslag, 1ste in 50m rugslag en 1ste in 100m Individuele wisselslag vir seuns o.11. Baie geluk, Delmar!
Loslitdag 2022
Vrydag, 2 September 2022, is Loslitdag! Tema: I celebrate SA Trek aan in trots Suid-Afrikaanse styl Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 2 September, sivvies volgens die aan te trek ! Plakkers is vanaf Maandag, 22 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar. Fondse word ten bate van Paarl ontwikkelingskool...
Johan Symington presteer in .22 Precision Rifle kompetisie
Johan het twee naweke gelede aan die Wes-Kaap, Provinsiale .22 SA Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem. Dit was 'n koue, winderige dag en die skuts moes vanaf uitdagende posisies na klein gongs op afstande wat wissel tussen 40m tot 200m skiet. Johan het kalm gebly en uitstekend gevaar onder die moeilike omstandighede. Hy het eerste geëindig in die Juniorafdeling, sowat 11 gongs voor die naaste teenstander! Die Proteaspan het sopas 5de geëindig in die Precision Rifle Wêreld Kampioenskap in Frankryk. Johan kan hulle dalk oor so 'n paar jaar help om nog beter te...
Ellerton Entrepreneursdag: 25 Augustus
Skaakuitslae: 13 Augustus 2022
Vriendskaplike wedstryd teen Weizmann (Herzlia) Ons het Vrydag, 13 Augustus, ons eerste junior skaakwedstryd weg gespeel. Dit was 'n gemengde span van graad 1 en 2-leerders. Ons het 5-1 verloor. Dit was 'n wonderlike ervaring. Ligawedstryd teen Deutsche Schule (DSK) Vrydag, 13 Augustus, het 5 van ons leerders 'n skaak ligawedstryd teen Deutsche Schule gespeel. Ons leerders het hulle alles gegee, maar ongelukkig 4.5 - 1.5...
Dirkie Uys Interskole wedstryde: 19 en 20 Augustus 2022
Ons neem die naweek aan ons jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys, Moorreesburg deel. Hierdie jaar vind dit onder die berg plaas en het ons ook besluit om die hokkie by die program te sit. Sien die onderstaande inligting en volg die skakels vir die onderskeie google forms om te sien of jou kind/ers deel van die spanne is. Let asb. daarop dat parkering vir beide dae baie beprek is. Ons versoek dat ouers sover moontlik van ry geleenthede gebruik maak. PROGRAM Vrydag, 19 Augustus: HOKKIE SPANNE: Hokkie: Seuns o.7 o.8 o. 9 A o.10 A o/13 A Hokkie: Dogters o.7 o.8 o. 9 A o.10 A o.11 A o.13 A PLEK: Conradieveld (Varsity straat) en St Micheals veld (St Micheals straat) VERWELKOMING: 14:00 by die Conradieveld TOEGANG: Gratis PARKERING: Is baie beperk om die veld en ons verwag gaste. Gebruik asseblief UBER of ander aanry dienste. Daar sal 'n snoepie beskikbaar wees. GOOGLE FORM Saterdag, 20 Augustus: RUGBY en NETBAL SPANNE: Rugby o.7 A & B o.8 A o.9 A o.11 A o.13 A Netbal o.7 Akkedisse & Bokkies o.8 Akkedisse o.9 A & B o.10 A & B o.11 A & B o.12 A & B o.13 A & B PLEK: Hoërskool Jan van Riebeeck bane (Netbal) Buysveld (Rugby) AANMELD VIR WEDSTRYD: Spelers moet 45min voor hul wedstryd by hul afrigter aanmeld. TOEGANG: Gratis PARKERING: Is beskikbaar op die Buysveld teen R20 per voertuig. Geen parkering by die skoolgronde self nie. Gebruik asseblief UBER of ander aanry dienste. Daar sal 'n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. GOOGLE...
Hokkiewedstryde Sunningdale: 18 Augustus
Ons speel Donderdag, 18 Augustus, ons laaste ligawedstryde vir die kwartaal. Van ons spanne gaan nie speel nie a.g.v Sunningdale se spelers wat nie beskikbaar is die week nie. Hulle wedstryde sal ons vir 'n ander dag skeduleer. Daar is enkele spanne wat gaan oefen voor die wedstryde begin. Kyk asb noukerig na die onderstaande inligting. Let daarop dat ons WEG en TUIS wedstryde het so daar is 2 google forms. Spanne wat voortgaan met oefeninge, volgens Dinsdae se tye: o. 10 Seuns en Dogters (op die Conradieveld) o.12 Seuns en dogters o.13 Dogters Donderdag, 18 Augustus, TUIS wedstryde: SPANNE: Dogters: o.9 A en B o.11 A PLEK: Conradieveld, Varsity straat WEDSTRYDE: Begin ± 15:00 GOOGLE FORM: PROGRAM Hou asb. ingedagte dat die tye wat aangedui word, kan verander. Dit hang alles af watter tyd ons by die ander skool arriveer. Donderdag, 18 Augustus, WEG wedstryde: SPANNE: Seuns: o.9 A, B o.11 A o.13 A PLEK: Laerskool Sunningdale VERTREKTYD 13:40 (o.9) 14:00 (o.10 - o.13) TERUG BY SKOOL: ±17:45 GOOGLE FORM: PROGRAM: Hou asb. ingedagte dat die tye wat aangedui word, kan verander. Dit hang alles af watter tyd ons by die ander skool...
Skooltye: Vrydag, 19 Augustus
Weens Dirkie Uys Sportdag en spesifiek die hokkieprogram wat reeds vanaf 14:00 begin, sal die skool eerskomende Vrydagmiddag vroeër verdaag. Die skoolprogram word daarvolgens aangepas. Graad 1 - 3 verdaag 12:45 Graad 4 - 7 verdaag 13:00 Die Bloubergbus vertrek...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026