Johan het twee naweke gelede aan die Wes-Kaap, Provinsiale .22 SA Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem. Dit was ‘n koue, winderige dag en die skuts moes vanaf uitdagende posisies na klein gongs op afstande wat wissel tussen 40m tot 200m skiet.

Johan het kalm gebly en uitstekend gevaar onder die moeilike omstandighede. Hy het eerste geëindig in die Juniorafdeling, sowat 11 gongs voor die naaste teenstander!

Die Proteaspan het sopas 5de geëindig in die Precision Rifle Wêreld Kampioenskap in Frankryk. Johan kan hulle dalk oor so ‘n paar jaar help om nog beter te vaar!