Ons neem die naweek aan ons jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys, Moorreesburg deel. Hierdie jaar vind dit onder die berg plaas en het ons ook besluit om die hokkie by die program te sit. Sien die onderstaande inligting en volg die skakels vir die onderskeie google forms om te sien of jou kind/ers deel van die spanne is. Let asb. daarop dat parkering vir beide dae baie beprek is. Ons versoek dat ouers sover moontlik van ry geleenthede gebruik maak.

PROGRAM

Vrydag, 19 Augustus: HOKKIE

SPANNE: 
Hokkie: Seuns

  • o.7 
  • o.8
  • o. 9 A
  • o.10 A 
  • o/13 A 

Hokkie: Dogters

  • o.7
  • o.8
  • o. 9 A
  • o.10 A
  • o.11 A
  • o.13 A

PLEK: Conradieveld (Varsity straat) en St Micheals veld (St Micheals straat)

VERWELKOMING: 14:00  by die Conradieveld

TOEGANG: Gratis

PARKERING: Is baie beperk om die veld en ons verwag gaste. Gebruik asseblief UBER of ander aanry dienste.

Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees.

GOOGLE FORM

Saterdag, 20 Augustus: RUGBY en NETBAL

SPANNE: 
Rugby

  • o.7 A & B
  • o.8 A
  • o.9 A
  • o.11 A
  • o.13 A

Netbal

  • o.7 Akkedisse & Bokkies
  • o.8 Akkedisse
  • o.9 A & B
  • o.10 A & B
  • o.11 A & B
  • o.12 A & B
  • o.13 A & B

PLEK: Hoërskool Jan van Riebeeck bane (Netbal) Buysveld (Rugby)

AANMELD VIR WEDSTRYD: Spelers moet 45min voor hul wedstryd by hul afrigter aanmeld.

TOEGANG: Gratis 

PARKERING: Is beskikbaar op die Buysveld teen R20 per voertuig. Geen parkering by die skoolgronde self nie. Gebruik asseblief UBER of ander aanry dienste.

Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees.

GOOGLE FORM