Die Wiskunde Olimpiade word regoor Suid-Afrika vanaf graad 4 tot 7 geskryf. Die eerste twee rondtes word by die verskeie skole geskryf en daarna word die top 100 leerders per graad gekies om aan die derde en finale rondte deel te neem. Baie geluk aan Katryn Silvis en Ruben de Ridder (graad 4), Katia van Wyk (graad 6) en Luja Marx (graad 7) wat almal uitgenooi is om aan die finale rondte deel te neem. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op die leerders en ons hou duimvas vir die volgende rondte.