Nuwe Skooldrag

Beste Ouers Ons wou vreeslik graag vandag al die nuwe skooldrag aan julle bekendstel. Daar is egter 'n paar goed wat nog nie afgehandel is nie. Ons sal dit spoedig moontlik probeer afhandel. Indien jy enige navrae het, kontak gerus vir Marinda Brink...

Tenniswedstryde (WEG): 19 Oktober 2022

Al 5 ons spanne speel hierdie die week op verskeie bane. Kyk asb. sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Eversdal A PLEK: Eversdal Tennisklub VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Noord-liga: Seuns A (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Seuns A span vs. Eversdal A PLEK: Eversdal Tennisklub VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Noord-liga: Gemengde span (Juf Mariaan Conradie) WEG SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Koos Sadie PLEK: Laerskool Koos Sadie VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Anja Nauta) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. Elkanah House Senior PLEK: 24 Valderrama rd. Sunningdale VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Andri de Villiers) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. CBC St John's PLEK: Sunningdale VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 GOOGLE...

Swemgala Kenridge: 19 Oktober 2022

Ons neem Woensdag, 19 Oktober 2022, aan Laerskool Kenrdige se aflos- swemgala deel. Van die swemmers gaan verskeie slae swem en 'n span bestaan uit 2 dogters en 2 seuns. Die span is saamgestel vanuit die uitslae van ons seniorgala wat op Vrydag, 11 Februarie 2022, plaasgevind het. Indien 'n swemmer nie beskikbaar is nie sal ons die volgende persoon kontak. OUDERDOMME: o.10 ; o.11 ; o.12 ; o.14 PLEK: Laerskool Kenridge VERTREKTYD 13:45 TERUG BY SKOOL: ±17:00 SPORTDRAG: skoolswembroek oranje skool swempet swembrille handdoek skoolsweetpak / LO klere (gemerk) ITEMS: Hierdie is 'n aflos-gala atlete is gekies volgens die tye van die Kleurgala in 2022. GOOGLE FORM...

Oupa- en Oumadag: Belangrike reëlings

Ons sien vreeslik daarna uit om die grootouers van ons pragtige leerders te verwelkom wat die oupa- en oumabederfoggend op Vrydag, 14 Okt., om 10:00 - 12:00 in ons skoolsaal bywoon. Anders as by Huppelland kan ons ongelukkig net 'n sekere aantal sitplekke (150) beskikbaar stel. Ons oupa- en oumabederfdag is nie van so 'n aard dat grootouers saam met hul kleinkinders tee drink nie. Indien jy dalk onder hierdie indruk was en 'n kaartjie beskikbaar is a.g.v. 'n kaartjie wat vir 'n kleinkind gekoop is, moet jy my (marinda@jvrprim.co.za) dadelik kontak om vir iemand anders plek te gee om die geleentheid by te woon. Belangrike inligting om van kennis te neem: Niemand mag op die nuwe sportveld parkeer nie. Parkeer gerus op die plekke wat agter beskikbaar is. Aangesien ons tans met verbouings aan die vierkant besig is, maak ons Raché Turner se klas beskikbaar as die deurloopklas om maklik na die saal te stap. Dit is die klas naaste aan die trappe by die tennisbane. Daar sal graad 7-leerders wees wat aanwysings gee. Die oggend behels 'n koppie tee/koffie met 'n eetdingetjie rondom 'n gedekte tafel waar lekker samesyn sal seëvier. Graad 7's sal as kelners optree om die koffie en tee te bedien. Daar is 'n program wat gevolg word met onder andere albei kore (Junior en Senior) wat as vermaak sal optree. Nadat die program afgehandel is, sal daar 'n geleentheid vir foto's gebied word waartydens grootouers en hul kleinkinders wat in die skool is, afgeneem kan word. Die kinders sal vanuit hul onderskeie klasse geroep word wanneer die tyd vir foto's aanbreek. Grootouers mag...

Skaaktoernooi – Dogters: 22 Oktober 2022

WP-skaak bied op Saterdag, 22 Oktober, 'n skaaktoernooi vir o.7 tot Ope dogters aan. Ouer(s) wat belangstel om hul dogter(s) in te skryf, kan na die PDF-dokument hier onder gaan en die skakel daarin volg om in te skryf. Lees asseblief die inligting in die dokument sorgvuldig deur. Die skool het nie toegang tot die inskrywings nie en versoek dat ouer(s) wat hul dogter(s) inskryf vir juf. Raché Turner (rache@jvrprim.co.za) in kennis sal stel van die inskrywing sodat ons met die skaakafrigters kan reël. ...

Unisa Musiekeksamens

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend in die Unisa musiekeksamens gevaar het: Robyn Lister - Graad 2 - 87% Lisa van As - Graad 3 - 85% Karu Rademeyer - Voor- Graad 1 - 90% Philip van Rooyen - Graad 3 - 87% Lara Basson - Graad 4 - 82% Susan Burger - Graad 3 - 74% Willem Burger - Graad 2 - 78% Katia van Wyk - Graad 3 - 92% Ané Swanepoel - Graad 2 - 85% Susie Samuel - Graad 2 - 90% Chanelle van Wyk - Graad 2 - 90% Neill Ferreira - Voor- Graad 1 - 94% Stella Zulch - Graad 1 - 84% Ruben de Ridder - Graad 1 - 88% Sabine Barnard - Graad 1 - 85% Ons is BAIE trots op...

Konsertfoto’s en -kostuums

Konsertfoto's: Die Karri-invordering is weer oopgestel vir ouers wat nog wil bestel. Indien jy onseker is of jy dit reeds betaal het, kan jy onder Transaction op die toep kyk. Konsertkostuums: Ouers wat hul kinders se kostuums wil koop, kan tot 14 Oktober daarvoor op Karri teen R200 per kostuum betaal. Sodra die betaling ontvang is, kan die kostuum by die registeronderwyser afgehaal...

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan 'n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het. Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal...

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo dat almal wat die konsert die afgelope 2 weke bygewoon het, sal saam stem dat die konsert instrumenteel was om die kwartaal op die perfekte noot af te sluit. Die gala-aand van die konsert verdiskonteer vir my al die hoogtepunte (akademie, kultuur en sport) van ‘n uiters suksesvolle kwartaal. Ôsim (Ons Seelewe is Magic) was soveel meer as ‘n konsert. Ek is vas oortuig dat dit eerder ‘n skouspel was en dat daar nog lank daaroor gepraat word. Ôsim kon net suksesvol aangebied word deur ‘n spanpoging van mnr. Ben, juf. Jana, personeel, leerders en ouers. Die detail in die kostuums, grimering en voorportaal was kleurryk en verruklik. Die teks vervat komtemporêre uitdagings en die musiekkeuse van elke graad was perfek en het die boodskap van die gevare van seebesoedeling effektief oorgedra. Ôsim het aand na aand soveel opwinding en energie opgelewer. Hierdie skouspel het verseker dat alle konsertgangers met ‘n breë glimlag die skoolterrein verlaat het, vol geesdrif en positiwiteit. Die konsert het beslis daai lekker en trotse gevoel vir almal gegee. Opvallend was hoe die leerders hulself tydens die konsert behoorlik ingeleef het en die ondervinding terdeë geniet het. Die standaard is gestel en ons sien uit na die volgende opwindende konsert wat vir 2024 beplan word - hou die spasie dop! As ons oor kwartaal 3 reflekteer en ons wil dit op ‘n manier evalueer, is die vraag: “Kyk ons slegs na prestasie op akademiese-, kulturele- en sportgebied?” Is prestasie die enigste maatstaf vir ‘n suksesvolle kwartaal? As dit so is, dan kan ons elke boksie afmerk. Ons weet egter prestasie is nie alles...

o.13 Netbal vs. Personeel

'n Besige program en konsert gaan beslis nie enige van ons personeel keer om Donderdag hul ninja turtle pakkies of tutus aan te trek nie. Op Donderdag, 29 September, het die personeel drie spanne  saamgestel om teen ons o.13-netbaldogters te speel. Die musiek het gepomp en almal wat vir skool opgedaag het, het om die baan saamgedrom. Almal was gereed vir die kragmeting en die aksie het begin. Ons terreinpersoneel het nie terug gestaan nie en het die o.13 C-span 4 - 2 gewen. 'n Paar van die graad 7-seuns het ingespring om die spanne vol te maak of in te ruil na halftyd. Die Ninja turtles het daarna die o.13 B-span oortuigend met 10 - 4 gewen. Al brom van die A-span onderwysers dat die skeidsregters te streng was, het hul steeds 7-6 gewen. Baie dankie aan almal wat ondersteun of saamgespeel...

Tennis leerders word gekies vir Kaapstad Metro Suid-spanne

Baie geluk aan die volgende  Jannies wat vir die Kaapse Metro Suid tennispanne gekies is:  Seuns o.10 Nils le Roux Rafa Lamprecht Seuns o.11 Adriaan Wessels Gustav van der Linde Seuns o.12 Dawid-Wiese Viljoen Johan Symington Dogters o.10 Jeanne van Heerden Stella Pansegrouw Dogters o.11  Ané Swanepoel Stella Zulch (reserwe) Dogters o.12 Stella Lamprecht Klara Maree Die leerders verteenwoordig nou die Suid-span in die Intersone byeenkomste van 15, 16 en 23 Oktober. Baie sterkte aan...

Atletiekoefeninge gedurende die vakansie

Die leerders wat gedurende die eerste week van ons somerprogram oefeninge bygewoon het, sou sien dat ons nou saam met die Hoërskool se atlete oefen. Dis heerlik om die baan so vol te sien. Die Hoërskool se nuwe afrigter dr. Sors Joubert en sy afrigtingspan gaan gedurende die vakansie voort met oefeninge en nooi ons o.9 - o.13-atlete uit om die sessies by te woon. Dit sal op Maandag, Woensdag en Donderdag om 14:30 by die Hoërskool se sportveld plaasvind.  Atlete kan net aanmeld by die...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor