Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan ‘n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het.

Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal plaasvind.