Die leerders wat gedurende die eerste week van ons somerprogram oefeninge bygewoon het, sou sien dat ons nou saam met die Hoërskool se atlete oefen. Dis heerlik om die baan so vol te sien. Die Hoërskool se nuwe afrigter dr. Sors Joubert en sy afrigtingspan gaan gedurende die vakansie voort met oefeninge en nooi ons o.9 – o.13-atlete uit om die sessies by te woon. Dit sal op Maandag, Woensdag en Donderdag om 14:30 by die Hoërskool se sportveld plaasvind.  Atlete kan net aanmeld by die veld.