Ons sien vreeslik daarna uit om die grootouers van ons pragtige leerders te verwelkom wat die oupa- en oumabederfoggend op Vrydag, 14 Okt., om 10:00 – 12:00 in ons skoolsaal bywoon.

Anders as by Huppelland kan ons ongelukkig net ‘n sekere aantal sitplekke (150) beskikbaar stel. Ons oupa- en oumabederfdag is nie van so ‘n aard dat grootouers saam met hul kleinkinders tee drink nie. Indien jy dalk onder hierdie indruk was en ‘n kaartjie beskikbaar is a.g.v. ‘n kaartjie wat vir ‘n kleinkind gekoop is, moet jy my (marinda@jvrprim.co.za) dadelik kontak om vir iemand anders plek te gee om die geleentheid by te woon.

Belangrike inligting om van kennis te neem:

  • Niemand mag op die nuwe sportveld parkeer nie. Parkeer gerus op die plekke wat agter beskikbaar is.
  • Aangesien ons tans met verbouings aan die vierkant besig is, maak ons Raché Turner se klas beskikbaar as die deurloopklas om maklik na die saal te stap. Dit is die klas naaste aan die trappe by die tennisbane. Daar sal graad 7-leerders wees wat aanwysings gee.
  • Die oggend behels ‘n koppie tee/koffie met ‘n eetdingetjie rondom ‘n gedekte tafel waar lekker samesyn sal seëvier. Graad 7’s sal as kelners optree om die koffie en tee te bedien.
  • Daar is ‘n program wat gevolg word met onder andere albei kore (Junior en Senior) wat as vermaak sal optree.
  • Nadat die program afgehandel is, sal daar ‘n geleentheid vir foto’s gebied word waartydens grootouers en hul kleinkinders wat in die skool is, afgeneem kan word. Die kinders sal vanuit hul onderskeie klasse geroep word wanneer die tyd vir foto’s aanbreek.
  • Grootouers mag gerus hul Grondslagfase kleinkinders (gr. 1-3) se klasse na afloop van die geleentheid besoek. Die kinders mag dan ook saam met hul grootouers huis toe gaan, mits die klasonderwysers daarvan kennis dra.