Die o.9, o.11 en o.13 spanne het die afgelope naweek te Laerskool Surrey aan die Skaak Topskole uitdunne deelgeneem. 
 
Die o.9 en o.11 spanne het goue medaljes en kampioenbekers verwerf. Hulle gaan deur na die volgende rondte waar die beste span van elke streek kompeteer. Die o.13 span het ‘n 4de plek behaal uit die 140 skole in die groep wat die geleentheid kry om aan Topskole deel te neem. Die volgende rondte is waar die streke kompeteer. 
 
Dit was ook fantasties om te sien hoe die Hoërskoolspelers ons leerders kom bemoedig en saam met hulle skaak speel. Jan Karsten het geblinddoek teen Daniel Lawson gespeel, wat regtig indrukwekkend was om te aanskou!