Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde

Woensdag, 1 September, was amptelik Lentedag en dit op ‘n koue dag! Moontlik het die boodskap nie duidelik by Moeder Natuur uitgekom nie, want die winter is baie astrant om terug noordwaarts te beweeg. Vanuit ‘n meteorologiese oogpunt is die temperature darem net te laag en mag ‘n mens dalk net wonder, is somer nog om die draai? Simbolies is lente die natuur se teken van nuwe lewe soos plante weer begin groei en bloeisels hul welkome opwagting maak. Dalk ook vir ons ‘n nuwe “begin” om al die slegte ervaringe van die pandemie opsy te skuif en die figuurlike dankbaarheidsbril op te sit. Dit was ook wonderlik om te sien hoe ons Jannies en onderwysers lentedag gevier het met onder andere pragtige blommevlegsels in die hare, blommekranse op die kop en inmekaargevlegte blommeringe om die nek. Dit het ons almal sommer lekker geïnspireer en weer hoop gegee. Die afgelope naweek het die tweede rondte van die Eisteddfod (musiek) onder streng Covid-protokol in die skoolsaal geskied. Ons Jannies het hul puik van hul taak gekwyt en ons is dankbaar vir die ondersteuning en leiding van Juffrouens Helecia, Estelle en meneer Ben. Ons bekwame musiekdepartement beskik oor soveel ervaring en ons kon nie vir beter musiekopvoeders vra nie, aangesien hulle hul daaglikse take met passie, toegewydheid en omgee uitoefen. Ko-kurrikulêre aktiwiteite by ons skool sal altyd hoog geag word aangesien...

Lees Verder

Korrekte skooldrag

Neem asb. kennis dat die skooldrag as volg gedra moet word: Dag waarop leerder LO het, mag hy/sy met korrekte LO-klere skool toe kom. Vrydae word Feeshempies (korrekte LO-klere) gedra. Die ander drie dae moet die korrekte winterklere gedra word. Maak asb. ook seker dat jou kind die huis/motor netjies verlaat met korrekte sokkies, haarbykomstighede,...

Lees Verder

Woord-Makietie

Die 28ste September hou die Jannies Woord-Makietie. Gassprekers Leon en Amanda de Stadler (skrywers van die splinternuwe Tesourus van Afrikaans) gaan met die leerders kom gesels. Ons gaan woordspeletjies speel en die dag gebruik om ons wonderlike en ryk Afrikaanse woordeskat te vier en uit te...

Lees Verder

Kultuurkaskenades

Kultuurkaskenades gaan in die laaste week van die kwartaal virtueel plaasvind: Maandag, 27 September: Gr.1 – 3 (voor pouse) Maandag, 27 September: Gr.4 en 5 (na pouse) Woensdag, 29 September: Gr.6 en 7 (voor pouse) Leerders wat ingeskryf het, sal ‘n tydgleuf kry waartydens hulle op die verhoog mag optree. Die opnames sal op die webtuiste gelaai word en almal sal dit kan sien. Daar sal hierdie jaar geen toekennings wees nie. Dis slegs vir die genot daarvan. Vir enige navrae, kontak juf. Helecia by...

Lees Verder

Musiekkonserte

Musiekleerders van Gr.4 – 7 sal op 30 September twee konserte in die saal hou: Gr.4 en 5 – 09:00 Gr.6 en 7 – 11:00 Ons sal nader aan die tyd bepaal of ouers mag kom luister.

Lees Verder

Eisteddfod Klavier

Baie geluk aan ons leerders wat uitstekend in die afgelope Eisteddfod gevaar het. Ons is baie trots op julle! Eisteddfod Klavier 2021 Susie Samuel   88 en 91% Chanel van Wyk   83 en 87% Ané Swanepoel   83% Philip van Rooyen   88 en 90% Leah de Kock   93 , 91, 94 en 95% Katia van Wyk   78 en 90% Lisa van As   77, 80 en 86% Lara Basson   78 en 80% Cara Swanepoel   84 en 90% Emke van Wyk   87 en 92% Elsabé Scholtz   88% Luca Zulch   83 en 92% Jan Karsten   82, 92 en...

Lees Verder

Ondersteuningsbeurs vir leerders

Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust het onder meer ten doel die bevordering van ‘n gemeenskapskool met insluiting van alle leerders. Die trustees het besluit om ‘n verdere ondersteuningsbeurs te bied vir alle leerders waar die ouers reeds vir volledige vrystelling van skoolfonds in lyn met die onderwysdepartement se riglyne goedgekeur is. Hierdie beurs maak voorsiening vir skoolklere, daaglikse etes, data en ‘n bedrag vir ad hoc uitgawes vir kwalifiserende ouers se kinders. Vir meer inligting oor wat dit behels en hoe om aansoek te doen, stuur ‘n e-pos aan Jodene by admin@jvrprim.co.za. Vir meer inligting oor die trust, volg die...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo dat ons almal die deelname aan winterspansporte asook lekker sosiale skoolfunksies waar ons as ‘n skoolgemeenskap die hoogte- en laagtepunte saam kan deel, mis. Wat is dan nou nie lekkerder as om rondom die sportveld ons skoolsportspanne aan te moedig nie of om Eisteddfod- en kooroptredes saam by te woon nie? Op Woensdag, 25 Augustus 2021, het ons so ‘n voorsmakie van netbal- en rugbydeelname teen Laerskool Van Riebeeckstrand gekry. Die weer het wonderlik saamgespeel net voor die kouefront sy kloue kon inslaan. Ons seuns was so opgewonde om net weer ‘n rugbywedstryd vir hul skool na amper 2 jaar te kon speel en die stralende gesiggies het elke oomblik terdeë geniet. Nie so seker wie die meeste in hul noppies was nie, ek, die trotse afrigters of die seuns. Dit was vir my amper ‘n emosionele oomblik en ‘n wonderlike voorreg om luidkeels die spanne aan te moedig. Ons rugbyspanne was hopeloos te sterk vir die opposisie se B- en C-spanne, maar dit was ‘n wonderlike geleentheid wat ons koester. Ek is so trots op die manier wat ons seuns rugby gespeel het, hoe hulle hulself gehandhaaf het en as nederige oorwinnaars uit die stryd getree het. Hulle was ware ambassadeurs van ons trotse skool. Ek kon ongelukkig nie die netbalwedstryde tuis bywoon nie, maar as alles volgens plan verloop, speel ons volgende Woensdag netbal teen...

Lees Verder

Skaak

Vrydag, 20 Augustus, het ons skool se skaakspan aan Paarl Primêre Seunskool se skaaktoernooi deelgeneem. Elke speler het die kans gekry om drie vriendskaplike rondtes teen Laerskool Drakenstein, Laerskool Eversdal en Paarl Primêre Seunsskool te speel. Die volgende spelers het ons skool se naam om hoog gehou: Heinke Punt Emma Snijders Susie Samuel Gustav van der Linde Julle maak ons...

Lees Verder

Graad 7-Fondsinsameling

Ons Graad 7’s se Sanitize maskerbonanza! ‘n Masker wat gemaklik pas Voel soos ‘n ligte hoed en nie ‘n swaar jas Ene vir jou en ene vir my So werk ons saam om nie Covid te kry Handsaniteerder wat nie voel of dit plak Sag op die hande en vars in die neus So maak ons sommer gou-gou mak Daardie lastige ou Corona-reus Ons Graad 7’s se Sanitize maskerbonanza is nou aan die loop: ‘n Boks met 50 maskers en ‘n botteltjie fluweel Net honderd rand en jy kry soveel! Onthou om vandag nog vir Mamma en Pappa te sê Hul moet kliek in die nuusbrief Om dit ook vir julle te koop! Ondersteun asb. ons graad 7-inisiatiewe om ’n besondere afskeidsgeskenk aan die skool te kan gee en ‘n gesellige afskeid vir al ons graad 7-leerders te kan aanbied. Maak gerus van ons spesiale afslag-aanbod gebruik om jou gesin se maskervoorraad en saniteerders aan te vul – Kliek op die foto en volg die maklike stappe onder “For school promotion” om die afslag te bekom. Onthou net om jou kind se naam en klas in te sluit, sodat jou pakkie saam met jou kind huis toe gestuur kan word....

Lees Verder

Klerebank: Swemklere

Die klerebank kort 32 x racerback en 33 x ‘jammer’-bestellings om vir ‘n swemklerebestelling by die verskaffer te kwalifiseer. Swemklere het die langste leityd van 2-3 maande. Plaas asseblief hierdie week bestellings. Kliek HIER vir...

Lees Verder

Eisteddfod: Sanguitslae

Die eerste deel van die Eisteddfod Sangafdeling het baie goed afgeloop. Juffrou Helecia is BAIE trots op haar leerders: Aiyana Alfredo 90 en 92% Daniela Boshoff 93, 95, 95% Kerala Allewell 87, 95, 96% Stella Boje 96,96,96% Emma Liebenberg 86, 87, 90% Mia Symington 89. 90, 93% Héloïse Strauss 90, 93, 95% Karu Rademeyer 90 en 95% Klavier Eisteddfod vind eerskomende Saterdag...

Lees Verder

Bring-en-Raaivasvra

Ons gewilde BRING-EN-RAAIVASVRA vind op 17 September plaas en beloof om weer groot kompetisie tussen ons ouers op te lewer. Kry ‘n span van 6 lede bymekaar, skryf in en kom neem deel aan die pret. De Jongh Borchardt speel weer “quizmaster” en beloof om al ons ouers op hul tone te hou. Kliek HIER om die vorm in te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo dat ons in ‘n oogwenk alweer die einde van week 4 van kwartaal 3 bereik het. Ek dink vandag in besonders aan al ons ouers/voogde en leerders wat tans Covid onder lede het of wat self-isoleer. Dit is baie moeilik om van jou familie, vriende of kollegas geskei te word, maar dit is so noodsaaklik om te verhoed dat die virus verder na jou geliefdes en gemeenskap versprei. Self-isolasie affekteer ‘n mens se normale aktiwiteite, roetines en werksaamhede. Dit opsig self kan weer ‘n toename in eensaamheid, angs en depressie tot gevolg hê. Hierdie onsigbare vyand diskrimineer nie teen ouderdom, waar jy woon, of waar jy werk nie. Enige persoon kan besmet word. Hierdie wêreldwye krisis het geweldige negatiewe gevolge, maar dit is jou keuse hoe jy dit gaan aanpak. Wees verseker dit is normaal om tydens die ongekende tye hartseer, gespanne of oorweldig te voel. Gesels met mense wat jy kan vertrou as dinge neerdrukkend raak. Die pandemie word oorweldigend met negatiewe ‘goed’ geassosieer, maar dit bied ook ‘n geleentheid om ‘n persoonlike inventaris van ons lewens te maak, nuwe perspektief te kry en te bepaal wat ons eintlike prioriteite in die lewe moet wees. My gebed is dat ons sal aanhou hoop, meer dankbaar sal wees en nooit ophou om te droom waarin ons in die lewe wil belê nie. Covid het verder ook...

Lees Verder

Eisteddfod: Spraak

Die Eisteddfod spraak (gedig, lees en prosa) vind op 10 & 11 September by ons skool plaas. Verdere reëlings in verband met parkering sal later volg. Ongelukkig kan geen ouers kom kyk nie.

Lees Verder

Boekskenking

Met groot trots verwelkom ons ‘n nuwe boek in die biblioteek! Die splinternuwe kinderboek, “Lukas bou ‘n Superkar” wat deur Peti Troski, Simon en Lea van Dyk se ma, geskryf is. Van ons Jannies se kant af, wil ons opreg vir Simon, Lea en Peti dankie sê vir hierdie wonderlike geskenk en toevoeging tot ons biblioteek!  Verder wil ons graag vir Peti gelukwens met die skryf van hierdie pragtige...

Lees Verder