Oktober, die mooiste, mooiste maand… Só besig C. Louis Leipoldt dit in sy bekende gedig. “Viooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, en orals ai, so mooi!” Die bogenoemde gedig bevestig net weer die prag en praal in ons Afrikaanse literatuur. Watter ander taal kan homself so mooi uitdruk: Daar word oor koeitjies en kalfies gepraat terwyl ons heerlik boeretroos op ‘n koue oggend geniet of die laventelhaan val homself disnis! Ons is trots Afrikaans en min tale is so kleurryk en flambojant soos Afrikaans! Met die aanbreek van Oktober kom ons aan die einde van kwartaal 3. Dit was ‘n besige kwartaal met verskeie uitdagings, maar ons Jannies, ouers/voogde en personeel het in alle opsigte met vlieënde vaandels geslaag. Die kwartaal se akademie word tradisioneel gekenmerk deur verskeie take en opdragte wat vir punte voltooi moes word. Baie dankie vir al ons ouers/voogde se waardevolle insette in die verband. Ons kon darem ook ‘n bietjie wintersport beoefen en ons Jannies het die spandeelname, wat vir so lank taboe was, terdeë geniet. Baie dankie aan al ons opvoeders en afrigters vir hul leeue aandeel om wedstryde en toernooie vir ons Jannies moontlik en genotvol te maak. Die laaste week by die skool was vol opwinding met musiekkonsert, kultuurkaskenades, Woord-Makietie en die personeel wat netbalwedstryde teen die o/13-dogterspanne gespeel het. Ek was deel...
Lees Verder