Lara Pieterse gaan in ‘n balletvertoning, Peter Pan and Tinkerbel, optree. Sy is deel van die Cape Ballet Centre en gaan die rol van ‘n Rooi Indiaan vertolk. Sy is deel van ‘n balletspan van regoor die land. Die opvoering sal van 28 tot 30 Oktober in die Kunste Kaap teater te siene wees. Baie sterkte Lara! Ons is trots op jou.