Dit was ‘n besonderse mooi gebaar en ons wil graag vir Ashlyn-Beth uitsonder. Sy het die inisiatief geneem om ‘n besem te leen om die vierkant na Markdag voor die vakansie skoon te vee. Sy het dit met die vriendelikste glimlag en mooiste gesindheid gedoen. Dankie Ashlyn-Beth, jy inspireer ons Jannies en maak ons trots!