Neem asseblief kennis dat alle leerders op 13 Desember 2021 sal uitvind by watter onderwyser en saam met watter maats hy/sy volgende jaar ingedeel is.

Wees asseblief gerus dat die opvoeders en bestuur klasindelings nie ligtelik benader nie en dat verskeie faktore tydens hierdie proses in ag geneem word. Ons streef veral daarna om al drie klasse in elke graad gebalanseerd in te deel. Ons versoek vriendelik dat klasskuiwe geensins oorweeg word nie aangesien dit ‘n wanbalans in die klas mag bring. Gee die spesifieke klasplasing ‘n kans aangesien ons kinders soms verskillende omgewings benodig om effektief te ontwikkel. Hou in gedagte dat jou kind dalk nie so goed by ‘n onderwyser of maat sal vaar soos wat jy mag dink nie. Laerskool Jan van Riebeeck se bestuur poog om uitmuntende, bekwame personeel aan te stel. Hierdie warm, omgee opvoeders van ons doen hul bes om ons Jannies se belange eerste te stel. Raadpleeg ons klasindelingsbeleid in die verband.