Skrywer: Suzaan Burger

Markdag, 24 Maart

Markdag vind op Donderdag, 24 Maart, plaas. Dit kos R15 om ‘n tafel te beman. Besprekings vir ‘n tafel sal later vandag op die Karri-toep tot en met Woensdag 12:00 gemaak kan word. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld. Die markie sal vanaf 09:30 tot 10:00 bedryf...

Lees Verder

Skooltye volgende week, 22 – 25 Maart

Neem kennis van die volgende: Maandag – vakansiedag Dinsdag – skool verdaag vroeër 12:45 (Gr.1 – 3) 13:00 (Gr.4 – 7) Woensdag – normale skooldag Donderdag – skool verdaag vroeër (+ sivvies) 13:00 (Gr.1 – 3) 13:15 (Gr.4 – 7) Vrydag – skool sluit (+ sivvies) 10:30 (Gr.1 – 3) 10:45 (Gr.4 – 7) * Die bus vertrek altyd 5 minute na graad 4 – 7 verdaag...

Lees Verder

Klerebank: Winterbestellings

Dankie aan almal wat winterbestellings betyds geplaas het. Indien nog iets vir die winter benodig, bestel asb. so spoedig moontlik aanlyn. Daar is die afgelope jaar tekorte in sekere materiale en ons verwag toenemende prysverhogings hierdie jaar. Hiermee die skakel om die skoolbaadjie aanlyn te koop: Jacket – Regular Skoolbaadjies en graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur. Winterskoolklere: Loer gerus in die ouerhandleiding en webtuiste vir meer inligting of kom na die Klerebank. Langmouhemp sonder ‘n sakwapen met ‘n das. Kan ‘n trui of skoolbaadjie met embleem bo-oor dra. Langbroeke JvR grys kouse OF swart ondeursigtige broekiekouse Sportklere (‘JvR’ gemerk) bly dieselfde reg deur die jaar. Bestellings vir hokkiekouse en WEDSTRYDHEMDE (hokkie en netbal) moet geplaas word voor die skool sluit. Klerebanktye: 07:20 – 08:00 Maandae en Woensdae 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae, maar nie wanneer die skool vroeër uitkom nie. Merk van items: Dit veroorsaak geweldige frustrasie onder die vrywilligers as items nie gemerk is nie of onduidelik gemerk is met selfs ‘n enkele letter. Party name is onleesbaar uitgewas of het name op van kinders wat nie meer in die skool is nie. Skenkings moet asseblief nie in kaste geprop word nie. Stuur na ontvangs of na die Klerebank. Gaan asseblief alle items dringend by die huis na en merk dit...

Lees Verder

Ruben Eksteen voltooi Kaapstad Fietstoer op tandem

Ruben Eksteen het Sondag, 13 Maart, saam met sy pa die 109 km Kaapstad Fietstoer op ‘n tandem in 4h49 voltooi. Om jou eerste Kaapstad Fietstoer op 10 jarige ouderdom agter die blad te hê, is ‘n groot prestasie, maar des te meer so in 2022. Dit was sopnat van die wegspring af vir die eerste 70km – beslis ‘n ervaring wat karakter bou en wat hy nog lank sal onthou. “Gelukkig kon ons vir hot chocolate in Noordhoek stop,” sê Ruben. “Dit het gehelp om die koue te verdryf – en my tande laat ophou klap. Daarna was Chapmans Peak eintlik lekker.” Baie geluk,...

Lees Verder

Johan Symington presteer in skietkompetisie

Johan Symington het onlangs aan hierdie jaar se eerste Wes-Kaap .22 SA Precision Rifle kompetisie in Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Gedurede die kompetisie skiet deelnemers met .22 kaliber gewere vanaf verskeie praktiese posisies na “gongs” op afstande wat wissel tussen 40m en 200m. Hy het nie net die hoogste telling van die jong skutte behaal nie, maar ook die algehele hoogste telling van die sowat 62 skutte op die dag geskiet – selfs beter as sy eie pa! Baie geluk,...

Lees Verder

Paaseiers

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Woensdag, 23 Maart, skool toe gebring...

Lees Verder

Krieket O/11 A

Die 0/11 A-krieketspan het ‘n ongelooflike lekker seisoen gehad. Die manne het Woensdag hulle laaste wedstryd teen Ottoman’s klub gespeel en dit was omtrent ‘n naelbyt wedstryd. Ottoman’s het eerste gekolf en teken 86 lopies aan na 20 beurte met die verlies van 6 paaltjies. Jack Dawes het drie pragtige vangskote gevat terwyl Delmar Benecke weer die kolwers laat verstaan het wie is baas met 2 paaltjies vir 15 lopies na 4 beurte. Vincent Oosthuizen neem ook 1 paaltjie vir 13 lopies na 4 beurte, Nils le Roux neem 1 paaltjie vir 15 lopies na 3 beurte en Ruben Eksteen neem 1 paaltjie vir 18 lopies na 3 beurte. JvR het tweede gekolf en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Ruben Eksteen het 11 lopies bygedra en dit was Delmar Benecke en Ben Esterhuyse se rustigheid wat die wedstryd vir ons gewen het. Delmar Benecke het 49 nie uit aangeteken. Hy is ook vir die tweede keer as speler van die wedstryd aangewys. Baie geluk, Delmar, jy het goeie karakter gewys en koelkop gebly toe die paaltjies begin val. Dankie aan al die ouer(s) wat die seisoen die manne langs die veld ondersteun het. Ons wil ook dan baie geluk sê aan Delmar Benecke, Adriaan Wessels en Ruben Eksteen wat in die WP-krieketspan opgeneem is. Geluk, manne! Ons is baie...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Hierdie week sluit ons met die besige somersportprogram af waartydens baie sportwedstryde plaasgevind het. Volgende week begin ons met wintersport. Verskeie wedstryde en sportdae is vir kwartale 1 en 2 geskeduleer. Ek kan net soos julle nie wag om ons sportspanne aan te moedig nie. Vrydag, 4 Maart, het ons die jaarlikse junior swemgala aangebied. Selfs die weer het op dié spesiale dag mooi saam gespeel met toeskouers wat luidkeels ons Grondslagfase swemmers toegejuig het. Graag bedank ek ons ouers/voogde wat tyd afknyp om hul kind(ers) tydens sportaktiwiteite te ondersteun. Al wys die kinders dit nie, is julle teenwoordigheid tydens sportbyeenkomste kosbaar vir hulle. Baie dankie ook aan almal wat die klasbraai op Vrydagaand, 4 Maart, bygewoon het. Die lekker kuier en gesellige samesyn is kosbaar en ‘n tradisie wat ons vir nog lank sal omhels. Die afgelope week was die fokus primêr op ons kernbesigheid, naamlik akademie. Grondslagfase het die eerste week van hul assesseringsweek suksesvol voltooi terwyl die intersenfase elke Vrydag tydens toetsperiode hul assessering vir die kwartaal aflê. Ek maak graag van die geleentheid gebruik om die opvoeders hartlik te bedank vir die handhawing van hoë akademiese standaarde. Die hoeksteen van ons suksesvolle kurrikulumbestuur sluit onder andere assesserings in wat deeglik beplan en opgestel word. Daarna volg dit ‘n effektiewe modereringsproses en elke formele assessering word deur my afgeteken. Laerskool Jan van Riebeeck was nog altyd...

Lees Verder

Ouerbesoeke, 6 & 7 April

Volgende kwartaal is daar weer ‘n geleentheid vir ouers/voogde om leerders se onderwyser(s) te kom sien. Om ‘n afspraak te maak, kliek HIER of op die foto hier onder om die vorm in te vul. Volg asb. hierdie stappe wanneer jy die vorm invul: Kies die fase waarin jou kind is. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak en kliek “Next”. Kies slegs een tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies “No more options” sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar ‘n kansellasie is. Kliek “Submit”. Die tyd wat jy gekies het, is jou afspraak – dit is nie voorlopig nie. Jy sal ‘n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, gaan kyk gerus in jou “Spam”. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op “Submit another response”. Indien jy die tyd wil verander, gaan in by die bevestiging e-pos en kies “Edit response” of vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za). Vir enige vrae, stuur ‘n e-pos aan Suzaan of kontak die betrokke...

Lees Verder

Drama: Tye verander

Die Maandag dramales sal vanaf eerskomende Maandag, 14 Maart, as volg verander: Graad 1 – 3 (Maandag) 14:30 – 15:30 Graad 4 – 7 (Maandag) 15:30 – 16:30 Die tye word aangepas om deelnemers aan wintersport te akkommodeer. Die tyd op Woensdae vir graad 1-3 bly dieselfde, maar die volgende verandering sal geld: Graad 4 – 7 (Woensdag) 15:00 – 16:20 Die Vrydag-tye bly...

Lees Verder

WP Nipper Champs

Dit was verlede naweek WP Nipper Champs wat in Clifton aangebied is. Die Jannies wat deelgeneem het, het vreeslik goed presteer en het almal tot Clifton se eerste plek in die kompetisie bygedra. Delmar Benecke het 4 goue, 1 silwer en 1 brons medaljes gewen. Hy was ook die Victor Lodorum vir seuns o/11. Hy gaan van 21 – 24 Maart aan die SA-lewensreddingkompetisie te Port Elizabeth deelneem. Welgedaan, Delmar!  Sterkte met die SA-kompetisie! Ons is so trots op ons Jannies se bydraes.  Baie geluk, Julle! Die Jannies wat deelgeneem het, is: Delmar Benecke Bailey Thomson Dax Liversage Kai...

Lees Verder

Aansoek om hoërskooltoelating Graad 8 vir 2023

Ons wil graag alle graad 7-ouers/voogde aanmoedig om so gou as moontlik vir hoërskole vir 2023 aansoek te doen. Alle aansoeke moet deur die Wes-Kaapse Department van Onderwys se aanlynstelsel gedoen word en aansoeke kan vanaf Maandag, 14 Maart, tot Vrydag, 15 April, ingedien word. Die stelsel sal jou toelaat om 3-5 skole van jou keuse aan te dui, maar onthou asseblief om jou aansoek met die nodige ondersteunende dokumentasie op te volg soos elke skool se toelatingsbeleid verreis. Besoek gerus die Departement se webtuiste hier om aansoek te...

Lees Verder

Rubik-kubus beoordelaars

Willem Vorster en Frank van der Walt is kranige Rubik-kubus spelers. Sondag, 6 Maart, was hulle beoordeelaars in ‘n SA-kompetisie wat plaaslik by Hoërskool Seepunt plaasgevind het en is deur speedcubes.co.za aangebied. Dit was ‘n interessante dag met baie opwinding waar spelers van regoor Suid-Afrika verskillende kubusse opgelos het – 2×2, 3×3, 4×4, pyraminx en selfs 3×3 geblinddoek! Dit is die twee se fokus om volgende keer self as spelers deel te...

Lees Verder

Verlore Goedere Uitstalling

Alle verlore goedere sal Woensdag, 23 Maart, vanaf 12:30 – 15:30, agter die skool onder die bome uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie teen Donderdag, 24 Maart, opgeëis is nie, sal vir fondse aan die tweedehandse klerebank geskenk word. Alle ander verlore items sal vir welwillendheid geskenk word. Versoek: Maak asb. seker jou kind(ers) se items is duidelik gemerk met hul naam, van en korrekte klas. Items wat by die tweedehandse klerebank gekoop word, moet ook asseblief oor gemerk word. Duidelik gemerkte items kan makliker aan hul eienaars terugbesorg word. Vir enige navrae stuur gerus vir Annami Gerber ‘n e-pos na...

Lees Verder

Dapper Stappers herinnering

Sien gerus verlede week se nuusbrief of kliek HIER vir die nuusbrokkie i.v.m. kwartaal 2 se twee dag stap in die Boesmanskloof. Almal wat saam stap, moet verkieslik al ten minste ‘n langerige dagstap vantevore gedoen het. Kinders onder 10 is welkom, mits hulle al ‘n stap gedoen het en jy seker is hulle sal nie halfpad moed opgee nie. Die bedrag betaalbaar sal binnekort op Karri gelaai word vir almal wat die vorm ingevul het. Jy sal op hierdie manier jou plek verseker. Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Navorsingsprojek: Funda Wande Evaluasie

Ons is so bevoorreg om deel van 100 ander skole te wees wat aan ‘n navorsingsprojek (Funda Wande Intervensie Evaluasie) deelneem. 10 Lukrake leerders in graad 4 en 7 is Maandag, 7 Maart, deur eksterne beamptes uit hul klasse onttrek om eksterne evaluasie af te lê. Geen voorbereiding was hiervoor nodig nie. Graad R en 1 sal op Dinsdag, 22 Maart, ook hieraan deelneem. Ons is baie bly dat ons met hierdie navorsing kan...

Lees Verder

Die Hanekoms verwelkom ‘n nuwe gesinslid

Die geboorte van ‘n baba bly nou maar net ‘n wonderwerk.  Ons is baie opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons Jannies-familie te verwelkom!  Baie geluk aan die trotste pappa en mamma wat verlede Woensdag, 2 Maart, hul babadogtertjie verwelkom het.  Ons weet dat sy sommer baie pret en vreugde aan die Hanekom-gesin sal...

Lees Verder

Eisteddfod: Sang 2022

Dit is tyd vir Eisteddfod sang-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Junie.  Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor. Skryf asb. in voor of op Donderdag, 17 Maart. Betalings kan d.m.v. Karri gedoen word. Sien die inskrywingsbrief vir meer inligting. EISTEDDFOD Sang...

Lees Verder

Musiekkonsert: 22 Maart

Ons herinner julle graag aan die musiekkonserte in die saal op Dinsdag, 22 Maart: Graad 1 en 2 – 08:30 Graad 3 – 10:30 Almal is welkom om dit by te woon. Die junior koor sal ook aan die begin van albei konserte een liedjie sing. Dit sal mooi lyk as al die deelnemers en koorlede netjiese skooldrag dra. Dogters kan die skool se oranje linte in hul hare dra, indien...

Lees Verder