Ons wil graag alle graad 7-ouers/voogde aanmoedig om so gou as moontlik vir hoërskole vir 2023 aansoek te doen. Alle aansoeke moet deur die Wes-Kaapse Department van Onderwys se aanlynstelsel gedoen word en aansoeke kan vanaf Maandag, 14 Maart, tot Vrydag, 15 April, ingedien word. Die stelsel sal jou toelaat om 3-5 skole van jou keuse aan te dui, maar onthou asseblief om jou aansoek met die nodige ondersteunende dokumentasie op te volg soos elke skool se toelatingsbeleid verreis. Besoek gerus die Departement se webtuiste hier om aansoek te doen.