Johan Symington het onlangs aan hierdie jaar se eerste Wes-Kaap .22 SA Precision Rifle kompetisie in Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Gedurede die kompetisie skiet deelnemers met .22 kaliber gewere vanaf verskeie praktiese posisies na “gongs” op afstande wat wissel tussen 40m en 200m.

Hy het nie net die hoogste telling van die jong skutte behaal nie, maar ook die algehele hoogste telling van die sowat 62 skutte op die dag geskiet – selfs beter as sy eie pa!

Baie geluk, Johan!