Dit was verlede naweek WP Nipper Champs wat in Clifton aangebied is. Die Jannies wat deelgeneem het, het vreeslik goed presteer en het almal tot Clifton se eerste plek in die kompetisie bygedra.

Delmar Benecke het 4 goue, 1 silwer en 1 brons medaljes gewen. Hy was ook die Victor Lodorum vir seuns o/11. Hy gaan van 21 – 24 Maart aan die SA-lewensreddingkompetisie te Port Elizabeth deelneem. Welgedaan, Delmar!  Sterkte met die SA-kompetisie!

Ons is so trots op ons Jannies se bydraes.  Baie geluk, Julle!

Die Jannies wat deelgeneem het, is:
Delmar Benecke
Bailey Thomson
Dax Liversage
Kai Allewell