Dankie aan almal wat winterbestellings betyds geplaas het. Indien nog iets vir die winter benodig, bestel asb. so spoedig moontlik aanlyn. Daar is die afgelope jaar tekorte in sekere materiale en ons verwag toenemende prysverhogings hierdie jaar.

Hiermee die skakel om die skoolbaadjie aanlyn te koop:

Jacket – Regular

Skoolbaadjies en graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur.

Winterskoolklere:

  • Loer gerus in die ouerhandleiding en webtuiste vir meer inligting of kom na die Klerebank.
  • Langmouhemp sonder ‘n sakwapen met ‘n das.
  • Kan ‘n trui of skoolbaadjie met embleem bo-oor dra.
  • Langbroeke
  • JvR grys kouse OF swart ondeursigtige broekiekouse
  • Sportklere (‘JvR’ gemerk) bly dieselfde reg deur die jaar.
  • Bestellings vir hokkiekouse en WEDSTRYDHEMDE (hokkie en netbal) moet geplaas word voor die skool sluit.

Klerebanktye:

  • 07:20 – 08:00 Maandae en Woensdae
  • 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae, maar nie wanneer die skool vroeër uitkom nie.

Merk van items:

  • Dit veroorsaak geweldige frustrasie onder die vrywilligers as items nie gemerk is nie of onduidelik gemerk is met selfs ‘n enkele letter.
  • Party name is onleesbaar uitgewas of het name op van kinders wat nie meer in die skool is nie.
  • Skenkings moet asseblief nie in kaste geprop word nie. Stuur na ontvangs of na die Klerebank.
  • Gaan asseblief alle items dringend by die huis na en merk dit goed.