Skrywer: Suzaan Burger

Nuusbrief van 9 Feb. 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 9 Februarie 2018 Klasbraai is UITGESTEL na 4de kwartaal Vrydag, 9 Februarie 2018 Redenaars Inligtingsessie Maandag, 12 Februarie 2018 Thembela verjaar Dinsdag, 13 Februarie 2018 Akademiesekomitee vergadering Dinsdag, 13 Februarie 2018 Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s Dinsdag, 13 Februarie 2018 Hoërskool JvR Atletiek Woensdag, 14 Februarie 2018 Valentynsdag-sivvies Saterdag, 17 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Vygieskraal) Woensdag, 21 Februarie 2018 Gr.5 S.O.S.- kamp Vrydag, 23 Februarie 2018 Gr. 5’s keer terug van kamp Vrydag, 23 Februarie 2018 Sivvies Saterdag, 24 Februarie 2018 Atletiek:WP Byeenkoms Dinsdag, 27 Februarie 2018 Juf. Astrid en Adri verjaar Dinsdag, 27 Februarie 2018 Gr.3 Redenaarskompetisie Woensdag, 28 Februarie 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Februarie 2018 Gr.4-5: Redenaarskompetisie Saterdag, 3 Maart 2018 Eliam verjaar Dinsdag, 6 Maart 2018 Hoërskool JvR: Opedag Dinsdag, 6 Maart 2018 Gr.6-7:Redenaarskompetisie Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping Donderdag, 8 Maart 2018 Verkiesing: Nuwe BR-Lede Vrydag, 9 Maart 2018 Marike verjaar Saterdag, 10 Maart 2018 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ouerinligting vir leerders se verjaarsdagpartytjies Die onderwysers, kantoorpersoneel en OOV verteenwoordigers kry gereeld versoeke van ouers vir die e-pos adresse van ander ouers vir verjaarsdagpartytjie uitnodigings. Volgens wetgewing, spesifiek die Protection of Personal Information (PoPI) Act, mag die skool geen ouerinligting uitdeel nie. Indien ouers partytjie-uitnodigings per e-pos wil uitstuur, sal hul self reëlings moet tref...

Lees Verder

Elke druppel tel

Op Vrydagoggend, 9 Februarie 2018, om 10:00 word daar 2000 5liter vol waterbottels by Laerskool Jan van Riebeeck (Kaapstad) afgelaai. Die Waterdryfspan van Laerskool Vastrap in Rustenburg, Noord-Wes, se ouers het hulle harte en hande oopgemaak en besluit om ‘n waterdryfprojek te reël om hulp te verleen aan die Kaap se waterkrisis ter voorbereiding aan ‘Day Zero’. Binne enkele ure het die gemeenskap van Rustenburg skole en besighede saamgekom en ons staan tans op 50 000liter water wat ingesamel is. Die Waterdryfprojek se afsnypunt word beplan vir Vrydagoggend, 9 Februarie 2018, te Laerskool Vastrap Rustenburg, waar die trokke van Gift of the Givers die water sal oplaai. Daar is ‘n verdere 10,000liter geskenk aan Laerskool Jan van Riebeek in die Kaap. Die ouers se bereidwilligheid om hulle hande diep in hul sakke te steek, het hulle in staat gestel om finansiële bydraes te lewer aan verdere organisasies in die Kaap. Gedurende die Waterdryfprojek is hulle bewus gemaak van ‘n water tekort sommer op hul voorstoep in ‘n gemeenskap genaamd Koster, 20 km uit Rustenburg, waar hulle volgende week teen 16 Februarie 2018 ‘n verdere 25 000l sal aflewer. Laerskool Vastrap wil graag poog om ander dorpe en stede te inspireer om betrokke te raak by hierdie inisiatief en dorpe uit te daag om in hul voetspore te volg. Ons is trots Suid-Afrikaans en is oorweldig deur die gemeenskap en...

Lees Verder

O/13: Paaltjies val teen Cannons Creek

Hierdie week het ons O/13 krieketspelers teen Laerskool Cannons Creek(CC) deelgeneem op die Hoërskool JvR se krieketveld. CC het die loting gewen en het besluit om eerste te kolf. Binne 19 boulbeurte het ons al hulle paaltjies geneem en hulle het ‘n totaal van 55 lopies aangeteken. Baie geluk aan Bernard Lombaard met sy 4 paaltjies wat hy geneem het. Peet Karstens en Joshua Ellis het die kolfwerk vir JvR afgeskop en voltooi. Tussen die twee van hulle het hulle die nodige lopies binne 8 boulbeurte gehaal. JvR wen dus die wedstryd met 10...

Lees Verder

Munte vir woorde

Ons hou op Vrydag, 2 Maart ,‘n muntlegging/nootlegging om die woorde WEES USELF in die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) te koop. Dit behels die volgende: *Leerders bring R1, R2 of R5 muntstukke of selfs ‘n noot,op Vrydag 2 Maart. *Die skool ontvang ‘n sertifikaat met ons naam en die woorde wat ons koop. *Ons kan R25 000 wen vir die skool in ‘n prystrekking, geborg deur Sanlam. *Die skool kry gratis toegang tot die aanlyn- WAT, vir vyf...

Lees Verder

Skaaknuus

Dit het die naweek heel goed gegaan met ons skaak-spelertjies. Die volgende Jannies het aan die Sentraal distrik WP-proewe deelgeneem: Peet en Jan Karsten Petrus en Louis Bosman, Bernard Lombaard, Gerard, Liezel, Carla en Emma Snijders. (al vier Snijderse uit een huisgesin!) Hulle het almal goed gespeel en ons het heelwat silwerware huistoe gebring. Emma was 1ste vir meisies o/7, Louis was 1ste vir seuns o/7, Petrus was 2de vir seuns o/9, Carla was 1ste vir meisies o/11, Jan was 2de vir seuns o/11, Gerard was 2de vir seuns o/13 Louis, Petrus, Jan, Peet, Emma, Carla, Liezel en Gerard kwalifiseer vir die sentraal span wat in Maart teen die ander WP-streke te staan kom. Baie geluk julle, ons is sommer baie trots op julle !!...

Lees Verder

Watertenks beskikbaar

Ouers van Huppelland en Laerskool Jan van Riebeeck kry 10% afslag vir watertenks ( as jy voor einde Feb. jou bestelling plaas) wat deur een van ons ouers vervaardig word. Hierdie tenks sal teen einde Februarie/begin Maart beskikbaar wees. Die tenks is beskikbaar op die volgende webtuiste: www.makulutanks.co.za Tenks kan ook op die webtuiste bestel word. Gebruik die afslagkode, ‘huppelland’ as jy die bestelling plaas en dit sal ‘n 10% afslag toepas. Baie dankie aan Werner du Toit van Fenix...

Lees Verder

Kontantbetalings: Karri-toepassing – Unieke nommer

Die Karri-toepassing (app) word slegs gebruik vir kontantinvorderings. U sal eers u kind se unieke nommer vir die toepassing ontvang wanneer daar ‘n skoolfunksie of aktiwiteit gelaai word waarby u kind betrokke is. U kan net vir ‘n skoolaktiwiteit deur Karri betaal wanneer die skool dit gelaai het en u genooi het om deur die toepassing te...

Lees Verder

Waterkrisis beïnvloed sport

As gevolg van die waterkrisis is alle swemoefening gekanselleer vir hierdie kwartaal. Die swemgala word uitgestel na die VIERDE kwartaal. Die 0/9 en 0/11 krieketwedstryde is slegs vir HIERDIE week gekanselleer. Oefening gaan egter voort vir almal. Die 0/13 wedstryde gaan wel hierdie week voort...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 9 Feb.

Baie geluk aan Dewald Buitendag in Graad 3 – wat ons Jannie van die week is – dankie dat jy so gereeld herwin! Jy wen ‘n R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Kaapstad se eerste plastieksak-vrye klein supermark het onlangs oopgemaak. By Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine en New York Bagels) kan jy kos en huishoudelike produkte per gewig koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Vir meer inligting sien http://nudefoods.co.za/ Het jy ook geweet dat Bargain Books nou al vir ‘n geruime tyd geen plastieksakke by hul winkels gebruik nie? Lees hier verder oor dié suksesverhaal: https://www.aquarium.co.za/blog/entry/one-year-later-bargain-books-ban-on-plastic-bags Kyk gerus ook weer na die Rethink the Bag-veldtog wat deur die Two Oceans Akwarium geloods is https://www.aquarium.co.za/blog/entry/ending-on-a-high-rethink-the-bag-highlights-at-the-end-of-2017. Hayley McLellan het hierdie veldtog in 2011 begin en het ‘n paar jaar gelede met ons leerders kom gesels. Sy noem in haar blog dat die Waterfront planne het om dié sentrum ‘n plastieksakvrye zone te maak. As jy wel plastieksakke gebruik, onthou om dit te herwin by die JvR...

Lees Verder

Nuusbrief 2 Feb 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 3 Februarie 2018 Seniorkoor werkswinkel GEKANSELLEER Saterdag, 3 Februarie 2018 Me. Marili Thomson verjaar Maandag, 5 Februarie 2018 Atletiek: Interskole (Groenpunt Stadion) Maandag, 5 Februarie 2018 BR-Vergadering (Personeelkamer) Vrydag, 9 Februarie 2018 Klasbraai (Conradieveld) Vrydag, 9 Februarie 2018 Redenaars Inligtingsessie Maandag, 12 Februarie 2918 Me.Thebela Swartbooi verjaar Dinsdag, 13 Februarie 2018 Akademiesekomitee vergadering Dinsdag, 13 Februarie 2018 Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s Dinsdag, 13 Februarie 2018 Hoërskool JvR Atletiek Woensdag, 14 Februarie 2018 Valentynsdag-sivvies Donderdag, 15 Februarie 2018 Swemgala: Juniors (Skoolswembad) Vrydag, 16 Februarie 2018 Swemgala: Seniors (Skoolswembad) Saterdag, 17 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Vygieskraal) Woensdag, 21 Februarie 2018 Gr.5 S.O.S.- kamp Vrydag 23 Februarie 2018 Gr.5’s terug Vrydag, 23 Februarie 2018 Sivvies Saterdag, 24 Februarie 2018 Atletiek:WP Byeenkoms Dinsdag, 27 Februarie 2018 Juff. Astrid Jordaan en Adri Marais verjaar Dinsdag, 27 Februarie 2018 Gr.3 Redenaarskompetisie Woensdag, 28 Februarie 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Februarie 2018 Gr.4-5: Redenaarskompetisie >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Maandag 5 Februarie Meer as 70 van ons skool se atlete sal eerskomende Maandag op Groenpuntstadion aan ons interskole se atletiekbyeenkoms deelneem. Die atlete en beamptes moet reeds om 08:00 by die stadion wees. Baie van ons onderwysers tree as beamptes op. Vir leerders wat nie deelneem nie is dit ‘n normale skooldag. Daar sal van nie-registeronderwysers en assistente gevra word...

Lees Verder

O/13 Klop Kambsbaai

Die krieketseisoen het weer aangebreek en ons het hierdie week afgeskop met ons eerste wedstryd teenLaerskool Kampsbaai. JVR het die geleentheid gehad om eerste te kolf en het in die 20 boulbeurte ‘n totaal van 100 lopies aangeteken. Baie geluk aan Peet Karstens(23 lopies) en Benjamin Pienaar(23 lopies). JVR neem toe die veld oor vir ons boulbeurt. Dit was voorwaar ‘n belewenis om te aanskou hoe hierdie jongmanne as ‘n span kan saamwerk. Kampsbaai kon slegs 27 lopies in 15 boulbeurte aanteken met al hulle paalties plat!.JVR wen dus die wedstryd met 5 paaltjies. Wel gedaan manne...

Lees Verder

Fotodag

Op Dinsdag, 13 Februarie, word die klas- en individuele foto’s geneem. Leerders moet asb. netjiese skooldrag aanhê. U sal ‘n wit koevert ontvang waarin u die kontant vir die foto’s kan sit. Ons neem die bestellings en gee die koevert met geld in, vir die fotograaf . Boeties en sussies kan saam afgeneem word. Indien u meer as een kind het wat ‘n individuele foto laat neem, vul asb. aparte koeverte in en stuur dit na die klasonderwyser. Die laaste dag om die foto’s te bestel en te betaal, is 9 Maart. U sal die foto’s voor die vakansie ontvang. Dankie vir u samewerking. Ischké Felix en Suzaan...

Lees Verder

Liewe Aarde nuus 2 Feb 2018

Baie geluk aan Kayla van Heerden, in Graad 4, wat vanjaar se eerste Jannie van die Week is. Dankie dat jy en jou gesin so fluks herwin – hou so aan! Julle ontvang ‘n R100 geskenkbewys om by Col’Cacchios in die stad te geniet! Ons wil die week julle aandag vestig op plastiekstrooitjies – hulle word tans nêrens herwin nie en beland dikwels in die natuur waar hulle groot skade aanrig. Kliek op hierdie skakel na die Akwarium se briljante veldtog teen plastiekstrooitjies https://www.aquarium.co.za/blog/entry/straws-suck Verspei die boodskap en sê asb “nee” vir plastiekstrooitjies. As ‘n strooitjie volgens jou ‘n moet is, kan jy glas https://www.streamstraws.com of stainless steel http://www.forevastraws.co.za strooitjies koop. Ons daag elke gesin uit om plastiekstrooitjies op te tel, en ‘n “eco brick” te begin – sien die skakel oor eco bricks as boustene-...

Lees Verder

Nuusbrief 26 Januarie 2016

Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers,Datums Vrydag, 26 Januarie 2018    Sivvies Dinsdag, 30 Januarie 2018    Bekendstellingsvergadering  (Skoolsaal)Saterdag, 3 Februarie 2018    Seniorkoor werkswinkel  Maandag, 5 Februarie 2018    Atletiek: Interskole  (Groenpunt Stadion)Maandag, 5 Februarie 2018    BR-Vergadering  (Personeelveragdering)Vrydag, 9 Februarie 2018    Klasbraai  (Conradieveld)Vrydag, 9 Februarie 2018    Redenaars InligtingsessieDinsdag, 13 Februarie 2018    Akademiesekomitee vergaderingDinsdag, 13 Februarie 2018    Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s  Dinsdag, 13 Februarie 2018    Hoërskool JvR AtletiekWoensdag, 14 Februarie 2018   Valentynsdag-sivvies  Donderdag, 15 Februarie 2018    Swemgala: Juniors  (Skoolswembad)Vrydag, 16 Februarie 2018    Swemgala: Seniors  (Skoolswembad)Saterdag, 17 Februarie 2018    Atletiek:Sentrale byeenkoms  (Vygieskraal)Woensdag, 21 Februarie 2018    Gr.5 S.O.S.- kamp (tot Vrydag 23 Februarie) Vrydag, 23 Februarie 2018    Sivvies  Saterdag, 24 Februarie 2018    Atletiek:WP Byeenkoms  >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOORWaterkrisis in die Wes-Kaap:Die waterkrisis in die Kaap raak al erger en dit raak ons almal! Ons het reeds op die veld agter die skool ‘n plek geïdentifiseer waar ons vir water gaan boor. Die boormanne is egter oorlaai met werk en ons sal meer geduldig vir ons beurt moet wag.  Intussen het een van ons ouers ‘n plek gekry waar ons gratis water van ‘n bouterrein in Woodstock kan kry. Dit is water van ‘n baie goeie kwalitiet. Sommige swembadmaatskappye gaan haal ook daar water en die water wat nie gestoor of gehaal word nie, loop in stormwaterslote weg! Dit is egter...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool

AIDT en Dance Cor Moderne Dans /Contemporary /Hip Hop en AAB American Academy of Ballet. Dansers kry die kans om net lekker te dans maar ook deel te neem aan kompetisies, bv: Cape Town Eisteddfod /Eksamens /Choreography/ Awards/ Funksies en Dansprysuitdeling. Kontak asb vir Barbie by 072 454 9353 E pos: barbie.schreuder.dance@gmail.com Webtuiste:...

Lees Verder

Sivvies

Op elke laaste Vrydag van die maand, mag ons leerders sivvies dra. Eerskomende Vrydag, 26 Januarie, mag die leerders dus sivvies aantrek.

Lees Verder

Uitreike

WOENSDAE IS BRING-‘N-BLIKKIE DAG! Ons stuur weer volgende week ‘n besending blikkies en pakkieskos na ons projek in Khayelitsha. Laerskool Jan van Riebeeck is nou al meer as twee jaar betrokke by ‘n projek wat 28 jong kinders ondersteun wat in erge nood lewe. Verlede jaar het ons met die hulp van ‘n JvR-ouer ‘n huiswerksentrum gebou, en twee tutors help die kinders elke week met hul skoolwerk. Elke Woensdag stuur ons kos na die projek – jou skenking van enige kos (veral rys, kookolie, blikkies vis en mieliemeel) sal ‘n reuse verskil maak. Bring asb Woensdag kos skool toe. Baie...

Lees Verder

Waterkrisis

Liewe Jannies, Die waterkrises is op almal se lippe. Maak seker dat jy op alle moontlike maniere waterverbruik verminder: · Kry genoeg emmers (verskillende groottes) in die huis om gryswater oral op te vang – ook by die wasmasjiene. · Spoel toilette slegs met gryswater. · Vee vuil panne, kastrolle, borde eers met kombuisrol af voor jy dit was. · Kies kossoorte vir etes wat minder skottelgoed maak. · Gebruik kleiner handdoeke en was bedlinne minder gereeld. · Moenie klere outomaties in die was gooi nie – maak seker dis regtig nodig. · Blykbaar is olierige hare nou in. Besoek die WWF webblad waar hulle elke Woensdag opdateer hoe ons vaar http://www.wwf.org.za/media_room/news/?23981/wednesday-water-file-01 Tans slaag slegs 39% van ons daarin om minder as 87liter per dag te gebruik. Van volgende maand is dit 50 liter per persoon. Op die oomblik is, 12 April. Druk op die skakel om meer te lees wat Day Zero presies beteken http://awsassets.wwf.org.za/downloads/WWFWaterFile_FINAL.pdf Dankie aan almal wat reeds fluks herwin by ons depot – die eerste ‘Jannie van die week’ sal volgende week aangekondig...

Lees Verder

Nuusbrief 19 Januarie 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 20 Januarie 2018 GR 7 Leerderraad: Lead4Life Vrydag, 26 Januarie 2018 Sivvies Dinsdag, 30 Januarie 2018 Bekendstellingsvergadering (Skoolsaal) Saterdag, 3 Februarie 2018 Marili Basson verjaar Maandag, 5 Februarie 2018 Atletiek: Interskole (Groenpunt Stadion) Maandag, 5 Februarie 2018 BR-Vergadering (Personeelkamer) Vrydag, 9 Februarie 2018 Klasbraai (Conradieveld) Vrydag, 9 Februarie 2018 Redenaars Inligtingsessie Maandag, 12 Februarie 2018 Thembela verjaar Dinsdag, 13 Februarie 2018 Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s Dinsdag, 13 Februarie 2018 Hoërskool JvR Atletiek Donderdag, 15 Februarie 2018 Swemgala: Juniors (Skoolswembad) Vrydag, 16 Februarie 2018 Swemgala: Seniors (Skoolswembad) Saterdag, 17 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Vygieskraal) >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons hoop almal het lekker gerus en is oorgehaal vir ‘n baie goeie 2018! ‘n Spesiale welkom aan al ons graad 1 ‘s en alle nuwe leerders en hulle ouers, sowel as aan al ons nuwe onderwysers. Ek is seker almal sal gou aanpas en baie gelukkig wees by ons. Juf Liezel de Jager: Gr 1 Juf Andri Baird: Gr 6 Register, NWT & Gr 7 NW Juf Mardry Kraftt: Gr 5, 6 & 7 ENG FAL & Gr 5 PSW Juf Marli Klynsmith: Gr 7 Register & Gr 5, 6 & 7 ENG FAL DIe belangrikste funksies en ‘byeenkomste’ gedurende die eerste kwartaal is: Maandag 5 Februarie: Interskole Atletiek op Groenpunt Stadion (Slegs atlete …...

Lees Verder