Baie geluk aan Dewald Buitendag in Graad 3 – wat ons Jannie van die week is – dankie dat jy so gereeld herwin! Jy wen ‘n R100 Col’Cacchios geskenkbewys.
Kaapstad se eerste plastieksak-vrye klein supermark het onlangs oopgemaak. By Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine en New York Bagels) kan jy kos en huishoudelike produkte per gewig koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Vir meer inligting sien http://nudefoods.co.za/
Het jy ook geweet dat Bargain Books nou al vir ‘n geruime tyd geen plastieksakke by hul winkels gebruik nie? Lees hier verder oor dié suksesverhaal: https://www.aquarium.co.za/blog/entry/one-year-later-bargain-books-ban-on-plastic-bags
Kyk gerus ook weer na die Rethink the Bag-veldtog wat deur die Two Oceans Akwarium geloods is https://www.aquarium.co.za/blog/entry/ending-on-a-high-rethink-the-bag-highlights-at-the-end-of-2017. Hayley McLellan het hierdie veldtog in 2011 begin en het ‘n paar jaar gelede met ons leerders kom gesels. Sy noem in haar blog dat die Waterfront planne het om dié sentrum ‘n plastieksakvrye zone te maak. As jy wel plastieksakke gebruik, onthou om dit te herwin by die JvR herwinningsdepot.