Liewe Jannies,
Die waterkrises is op almal se lippe. Maak seker dat jy op alle moontlike maniere waterverbruik verminder:
· Kry genoeg emmers (verskillende groottes) in die huis om gryswater oral op te vang – ook by die wasmasjiene.
· Spoel toilette slegs met gryswater.
· Vee vuil panne, kastrolle, borde eers met kombuisrol af voor jy dit was.
· Kies kossoorte vir etes wat minder skottelgoed maak.
· Gebruik kleiner handdoeke en was bedlinne minder gereeld.
· Moenie klere outomaties in die was gooi nie – maak seker dis regtig nodig.
· Blykbaar is olierige hare nou in.
Besoek die WWF webblad waar hulle elke Woensdag opdateer hoe ons vaar http://www.wwf.org.za/media_room/news/?23981/wednesday-water-file-01
Tans slaag slegs 39% van ons daarin om minder as 87liter per dag te gebruik. Van volgende maand is dit 50 liter per persoon. Op die oomblik is, 12 April. Druk op die skakel om meer te lees wat Day Zero presies beteken http://awsassets.wwf.org.za/downloads/WWFWaterFile_FINAL.pdf
Dankie aan almal wat reeds fluks herwin by ons depot – die eerste ‘Jannie van die week’ sal volgende week aangekondig word.