Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Saterdag, 20 Januarie 2018 GR 7 Leerderraad: Lead4Life

Vrydag, 26 Januarie 2018 Sivvies

Dinsdag, 30 Januarie 2018 Bekendstellingsvergadering (Skoolsaal)

Saterdag, 3 Februarie 2018 Marili Basson verjaar

Maandag, 5 Februarie 2018 Atletiek: Interskole (Groenpunt Stadion)

Maandag, 5 Februarie 2018 BR-Vergadering (Personeelkamer)

Vrydag, 9 Februarie 2018 Klasbraai (Conradieveld)

Vrydag, 9 Februarie 2018 Redenaars Inligtingsessie

Maandag, 12 Februarie 2018 Thembela verjaar

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Hoërskool JvR Atletiek

Donderdag, 15 Februarie 2018 Swemgala: Juniors (Skoolswembad)

Vrydag, 16 Februarie 2018 Swemgala: Seniors (Skoolswembad)

Saterdag, 17 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Vygieskraal)

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons hoop almal het lekker gerus en is oorgehaal vir ‘n baie goeie 2018!

‘n Spesiale welkom aan al ons graad 1 ‘s en alle nuwe leerders en hulle ouers, sowel as aan al ons nuwe onderwysers. Ek is seker almal sal gou aanpas en baie gelukkig wees by ons.

Juf Liezel de Jager: Gr 1

Juf Andri Baird: Gr 6 Register, NWT & Gr 7 NW

Juf Mardry Kraftt: Gr 5, 6 & 7 ENG FAL & Gr 5 PSW

Juf Marli Klynsmith: Gr 7 Register & Gr 5, 6 & 7 ENG FAL

DIe belangrikste funksies en ‘byeenkomste’ gedurende die eerste kwartaal is:

Maandag 5 Februarie: Interskole Atletiek op Groenpunt Stadion (Slegs atlete … 08:00 – ±15:00)

Vrydag 9 Februarie: Klasbraai op Conradieveld … Vanaf 18:30

Donderdag 15 Februarie: Swemgala Gr. 1 tot 3 (08:00 – ±12:00)

Vrydag 16 Februarie: Swemgala Gr. 4 tot 7 (08:00 – ±12:30)

Donderdag 8 Maart: Verkiesing van nuwe Beheerliggaamslede … 19:00

Finansies:

Kontantontvangste sal vanaf 2018 deur die Karri toepassing (app) gedoen word. Volg die skakel (ook op die webtuiste) om die toepassing op u selfoon af te laai: play.google.com/store/apps/details?id=com.ionicframework.karri Vir meer inligting, besoek die Karri webtuiste (www.karri.co.za)

of volg die skakel vir ‘n video-bekendstelling: https://www.youtube.com/watch?v=9EXSEVReYpc

Alle skoolfondsfakture sal tussen 1 Feb en 2 Feb versend word. Sien die webtuiste vir 2018 tariewe.

Kommunikasie:

Die volgende kanale word gevolg om kommunikasie tussen ouers en die skool te vergemaklik:

– Die webtuiste bevat alle nodige inligting asook inligting wat aan die einde van die week in die nuusbrief sal verskyn.

– Die nuusbrief word op Vrydae geplaas met die nuutste inligting. Die nuusbrief word elektronies aan ouers beskikbaar gestel op die webtuiste en per e-pos. Slegs ouers wat nie nuusbriewe elektronies kan ontvang nie, sal ‘n hardekopie kry.

– Sms’e sal vanaf 1 Februarie uitgestuur word om dringende inligting aan ouers deur te gee.

– Onderwysers kan per e-pos gekontak word. E-posadresse is op die webtuiste beskikbaar.

– Die kommunikasiekanale wat gevolg moet word, indien daar ‘n probleem is, is beskikbaar in die ouerhandleiding onder organogram.

– NB: Dit is baie belangrik dat u altyd die korrekte inligting aan die skool deurgee en ons in kennis stel sodra dit verander.

ALGEMEEN

Enige JvR gesin kan die depot gebruik. Die hoop is dat die kinders ook sal deelneem en bewus raak van herwinning en hoekom ons dit moet doen. Dit is egter belangrik om presies te weet wat hoort waar, anders kan ons ‘n hele sak nie laat oplaai vir herwinning nie.

Daar is verskillende houers vir spesifieke items. Nie alle rommel is herwinbaar nie.

Die volgende kan by ons depot herwin word:

*papier, koerante, tydskrifte, pamflette, gladde karton – gooi in die heldergroen igloes kantoorpapier (al is dit reeds gebruik) – gooi in die wit wieldromme dik geriffelde karton – gooi in sakke in die groot

kartonhouer – plat getrap asb *blikkies – gooi in die gemerkte houer vir metaal

*glas – gooi in die donkergroen igloes

*plastiese botteldoppies – gooi in gemerkte wieldrom

*tetrapakke – gooi in gemerkte wieldromme – plat getrap asb



Plastiek groepering – vind nommer iewers op item, gewoonlik in ‘n driehoekie:

1. PET deursigte bottels bv. koeldrank en waterbottels, geen vrugte/koek houers nie

2. HDPE ondeursigtige bottels bv.wit melkbottels

3. NIE HERWINBAAR NIE

4. plastiek inkopiesakkies, maar nie hondekos of waspoeier-sakke nie

5. plastiek bakkies bv. margarien en joghurt-bakkies

6. polistereen (gooi in die groot blou houer vir polistereen)

7. NIE HERWINBAAR NIE

Daar is ook twee houers vir elektroniese afval.

Let asb op die volgende:

-Aan die onderkant van meeste plastiekitems sal jy ‘n driehoekie vind met ‘n nommer in. Die nommer bepaal in watter houer die item gegooi moet word. Indien daar geen nommer is nie, is die item nie herwinbaar nie.

-Plastiekhouers vir koekies, koeke, beskuitjies, muffins, vrugte ens wat dikwels ‘n 1 of PET op het, kan nie herwin word nie. M.a.w in die 1 en 2 plastiekhouers hoort slegs bottels.

-Slegs dik geriffelde karton hoort in die karton sakke, alle ander ‘gladde’ karton (soos ontbytpap) moet in die groen papier igloes gegooi word – platgetrap asb. -Haal doppies af van plastiek en glasbottels. Slegs plastiekdoppies mag in die doppie- wieldrom gegooi word (wyn skroefdoppies hoort by metaal en kurke kan by die wynwinkel in die Lifestyle centre herwin word).

-Spoel asb items uit voordat dit na die depot gebring word.

-Skryf jou kind se naam in die lêer by Matthews,die sekuriteitswag, elke keer as jy herwin. Jou kind kan dan die laaste Woensdag van die maand gratis sivvies aantrek.



Lees verder oor LIEWE AARDE

AKADEMIE

Baie geluk aan die leerderraadslede wat ons skool hierdie jaar sal verteenwoordig:

Hannah Badenhorst

Annabel de Jager

Johann Jordaan

Nicolette Jordaan

Isabelle Lategan

Adam Liebenberg

Lili Louw

Benjamin Pienaar

Henry Potgieter

Gerard Snijders

Christiaan Stimie

Lynette van Niekerk (*verhuis na Australië)

Bernardt Wiese

Ons aangepaste huiswerkbeleid sal hierdie jaar op ‘n proefbasis aangebied word. Ons fokus is om huiswerk sover moontlik te beperk, opbouend en interessant te hou en vir vasleggingsdoeleindes te gebruik. Ons wil hierdie jaar poog om Projek Gebaseerde Onderrig in graad 5 – 7 toe te pas. Dit word spesifiek gedurende take gebruik, waartydens verskillende vakke saam werk om ‘n enkele, meer gefokusde en interessante onderwerp te ondersoek. Toetse sal steeds soos in die verlede voortgaan.

In die grondslagfase (graad 1 – 3) sal huiswerk ‘n gemiddelde tydsbeperking per graad hê. Graad 1 en 2 is 30 minute en graad 3 is 45 minute per dag. Al drie grade gee net huiswerk wat ingeskerp moet word en wat reeds in die klas aangeleer is. Al die graad 1-3 klasse gee ook ‘n geleentheid om met huiswerk die laaste 10 minute van die dag te begin.

In die intermediêre fase (graad 4 – 6) sal daar steeds huiswerk in Afrikaans, Engels en Wiskunde bv. mondelinge, voorbereide lees, speltoetse, tafeltoetse, ens. gegee word. Die oefeninge van die onderskeie vakke (taal, letterkunde, somme, ens.) sal verminder/verkort word. Ons fokus is hoofsaaklik op die inhoudsvakke. Huiswerk en take sal sover moontlik gedurende klastyd voltooi word.

Aangesien graad 7’s vir hoërskool voorberei, sal hulle nie deur die huiswerkbeleid geraak word nie. Ons sal wel probeer om onnodige huiswerk te beperk.

Let wel dat huiswerkklasse steeds vir alle leerders beskikbaar is aangesien daar steeds ‘n sekere mate van huiswerk sal wees.

KULTUUR

Dramaklasse word privaat aangebied en die beplanning daarvan strek oor 4 kwartale. Daar sal tussen 8 en 9 klasse per kwartaal wees in 2018. Formele klasse begin op Maandag 22 Januarie.

TYE

MAANDAG

Huppelland: 4-5 jaar(12h30-13h00) Graad R(13h00-13h30)



Laerskoolsaal: Gr.1-3(14h15-15h15) Gr. 4-7(15h15-16h15)

WOENSDAG

Laerskoolsaal: Gr. 1-3(14h15-15h15) Gr. 4-7(15h15–16h15) VRYDAG:

Lokaal is Gr.1 klas-(Marianna Oosthuizen): Gr.1-3(13h15-14h15) Gr.4-7(14h15-15h15)

-Elke leerder kies watter dag vir hom/haar sal pas en kan dan net inval op daardie dag.

-Indien die dag nie altyd uitwerk in ‘n spesifieke week nie (a.g.v. ander bedrywighede), mag hulle dit enige tyd kom inhaal op ‘n ander dag.

-Indien hulle dalk meer as een keer per week wil Drama doen, is hulle baie welkom-sonder enige ekstra onkostes.

-Sou hul graag net wil kom insit aan die begin vir ‘n les en daarna besluit of hulle wel wil Drama doen, is hulle baie welkom.

NB -Indien u kind wel Drama wil neem, moet u asb die inskrywingsvorm invul-die kinders wat reeds in 2017 geneem het en voortgaan/NIE WIL VOORTGAAN met Drama nie, moet u my asb per epos of sms laat weet.

Baie dankie!

Vriendelike groete

Marianna Oosthuizen ns. Jana&Jana

‘n Verdere inligtingstuk t.o.v. die bankbesonderhede, jaarplan en klasaanbiedings sal aan u ge-epos word sodra ek ‘n inskrywingsvorm of ‘n positiewe antwoord ontvang het.(epos of sms)

Inskrywingsvorm Vul in asb.

(Die kinders wat reeds in 2017 geneem het en wil voortgaan/nie wil voortgaan kan net per epos/sms vir my laat weet asb.

Koorlede word op die oomblik getoets. Die meeste weet reeds wie sing in die Seniorkoor.

Ons hou op Saterdag 3 Februarie van 9:00 – 13:00 ‘n werkswinkel/oefening vir die Seniorkoor in die saal. Maak vroegtydig die datum vas en tref asb julle reëlings sodat almal dit kan bywoon.

---

SPORT

Ons wens vir almal ‘n baie voorspoedige 2018 toe. Alle sport vir die jaar skop Maandag, 22 Januarie af.

Alle leerders het Woensdag die Somer Sportprogram ontvang met die oefentye van alle sport. Bewaar dit asb, indien dit wegraak of u het dit nie ontvang nie, is dit ook op die skool se webwerf beskikbaar. SOMER SPORTPROGRAM

Ons streef daarna om vir ons leerders soveel moontlike geleenthede te skep en daarom het ons ook al die privaataktiwiteite aan die agterkant van die Somerporgram ingesluit. Ouers moet egter self die onderskeie mense kontak om reëlings te tref. PRIVAATAKTIWITEITE

Ons is baie opgewonde om hierdie jaar met nuwe krieketafrigters te begin. Die hoofafrigter is Allison Johnson. Hy bring 28 jaar se afrigters-ondervinding van onder meer die WP O/13 – O/19 spanne na ons skool. Hy is ook baie betrokke by Groenpunt krieketklub en maak ook so vir ons spelers ander deure oop. Die ander afrigters wat saam met hom gaan werk is Seon Mouton en Tom Redhead. Ouers is ook welkom om vir AllIson te kontak vir privaatafrigtingsessies. Hou die webkalender dop vir al die wedstryddatums.

Die jaar 2018 hou ook nuwe dinge vir ons tennis in. Ons moes aan die einde van 2017 vir juffrou Nora Verster, tennishoof, en Deoné Bosman, privaatafrigter, groet. Ons is baie dankbaar vir alles wat hulle vir tennis gedoen het by Laerskool Jan van Riebeeck. Ons verwelkom vir juffrou Marli Klynsmith as ons nuwe tennishoof en Simone Mulder as ons nuwe privaatafrigter vir 2018.

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die Kleuresportbyeenkoms die einde van 2017. Die uitslae is op die skool se webwerf beskikbaar. Ons gebruik hierdie uitslae om die atletiekspan saam te stel wat aan die Interskole byeenkoms op Maandag, 5 Februarie, deelneem. Die atlete wat vir die span gekies is, sal binnekort hul briewe ontvang met meer inligting. Indien daar enige nuwe leerders is wat wil deelneem aan die Interskole moet hulle vir Mnr Hanekom teen Woensdag, 24 Januarie, kontak. Hy sal dan reël dat jy teen die ander atlete, wat reeds gekwalifiseer het, deelneem om te sien of jou uitslae beter is. Ons herinner ook almal dat die atletiekoefening vir die eerste kwartaal slegs vir die atlete is wat vir die span gekies is. Hierdie reëling is om te verseker dat ons meer aandag aan die atlete kan gee. Almal is weer welkom om oefening in die vierde kwartaal by te woon. Die uitsondering is wel die tweekamp- en landloopatlete wat steeds saam met die atletiekspan oefen.

As gevolg van die droogte en die swembad se watervlak wat te laag is, sal swem nie saam met al die ander somersportkodes op 22 Januarie begin nie. Tot verdere kennisgewing sal swemoefening nie voortgaan nie. Leerders sal nog briewe ontvang met ‘n afskeurstrokie indien hulle belangstel om aan swem deel te neem. Voltooi dan asseblief die afskeurstrokie en stuur dit terug skool toe sodat ons die indelings van die swemgroepe reeds kan afhandel. Ons wil ‘n versoek tot leerders doen om asb so min as moontlik water uit die swembad te spat tydens oefening. Swimsmart begin ook van hierdie jaar af aktief met hul privaatlesse by die skool en ouers is welkom om hulle te kontak.

Ons wil ‘n beroep op ouers doen om asb die kalender dop te hou vir wedstryde, toernooie en sportdae se datums wanneer dit kom by die beplanning van partytjies en vakansies. Dit plaas afrigters en ander spanlede in ‘n baie slegte posisie indien spelers nie kan deelneem nie. Ons plaas alle gebeure op die kalender sodra dit bevestig is.



Indien ouers betrokke wil raak, enige navrae of voorstelle het, kan hul gerus die sportkantoor kontak by sport@jvrprim.co.za . Ek gaan nie elke dag by die skool wees nie a.g.v ons eie babatjie wat in Februarie sy verskyning maak. Ek gaan wel sommige dae by die skool wees en ander dae van die huis af werk en sal so gou moontlik terugkom na enige navrae. Ons beplan om ‘n vraelys aan die einde van die somerseisoen aan ouers te stuur, om terugvoer van julle te kry. Die doel is om hierdeur aan te hou groei en ontwikkel om so Laerskool Jan van Riebeeck se sport tot nuwe hoogtes te neem. Baie sterkte aan al ons sportmanne en -vroue vir 2018.

---

Kliek HIER vir Advertensies van die week

You only live once – but if you do it right, once is enough

-Mae West

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209