Dit het die naweek heel goed gegaan met ons skaak-spelertjies.
Die volgende Jannies het aan die Sentraal distrik WP-proewe deelgeneem: Peet en Jan Karsten Petrus en Louis Bosman, Bernard Lombaard, Gerard, Liezel, Carla en Emma Snijders. (al vier Snijderse uit een huisgesin!)
Hulle het almal goed gespeel en ons het heelwat silwerware huistoe gebring.
Emma was 1ste vir meisies o/7, Louis was 1ste vir seuns o/7, Petrus was 2de vir seuns o/9, Carla was 1ste vir meisies o/11, Jan was 2de vir seuns o/11, Gerard was 2de vir seuns o/13
Louis, Petrus, Jan, Peet, Emma, Carla, Liezel en Gerard kwalifiseer vir die sentraal span wat in Maart teen die ander WP-streke te staan kom.

Baie geluk julle, ons is sommer baie trots op julle !!