Baie geluk aan Kayla van Heerden, in Graad 4, wat vanjaar se eerste Jannie van die Week is. Dankie dat jy en jou gesin so fluks herwin – hou so aan! Julle ontvang ‘n R100 geskenkbewys om by Col’Cacchios in die stad te geniet!
Ons wil die week julle aandag vestig op plastiekstrooitjies – hulle word tans nêrens herwin nie en beland dikwels in die natuur waar hulle groot skade aanrig.
Kliek op hierdie skakel na die Akwarium se briljante veldtog teen plastiekstrooitjies https://www.aquarium.co.za/blog/entry/straws-suck
Verspei die boodskap en sê asb “nee” vir plastiekstrooitjies. As ‘n strooitjie volgens jou ‘n moet is, kan jy glas https://www.streamstraws.com of stainless steel http://www.forevastraws.co.za strooitjies koop.
Ons daag elke gesin uit om plastiekstrooitjies op te tel, en ‘n “eco brick” te begin – sien die skakel oor eco bricks as boustene- http://www.ecobricks.org/