Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums 

Vrydag, 26 Januarie 2018    Sivvies 
Dinsdag, 30 Januarie 2018    Bekendstellingsvergadering  (Skoolsaal)
Saterdag, 3 Februarie 2018    Seniorkoor werkswinkel  
Maandag, 5 Februarie 2018    Atletiek: Interskole  (Groenpunt Stadion)
Maandag, 5 Februarie 2018    BR-Vergadering  (Personeelveragdering)
Vrydag, 9 Februarie 2018    Klasbraai  (Conradieveld)
Vrydag, 9 Februarie 2018    Redenaars Inligtingsessie
Dinsdag, 13 Februarie 2018    Akademiesekomitee vergadering
Dinsdag, 13 Februarie 2018    Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s  
Dinsdag, 13 Februarie 2018    Hoërskool JvR Atletiek
Woensdag, 14 Februarie 2018   Valentynsdag-sivvies  
Donderdag, 15 Februarie 2018    Swemgala: Juniors  (Skoolswembad)
Vrydag, 16 Februarie 2018    Swemgala: Seniors  (Skoolswembad)
Saterdag, 17 Februarie 2018    Atletiek:Sentrale byeenkoms  (Vygieskraal)
Woensdag, 21 Februarie 2018    Gr.5 S.O.S.- kamp (tot Vrydag 23 Februarie) 
Vrydag, 23 Februarie 2018    Sivvies  
Saterdag, 24 Februarie 2018    Atletiek:WP Byeenkoms  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Waterkrisis in die Wes-Kaap:
Die waterkrisis in die Kaap raak al erger en dit raak ons almal! Ons het reeds op die veld agter die skool ‘n plek geïdentifiseer waar ons vir water gaan boor. Die boormanne is egter oorlaai met werk en ons sal meer geduldig vir ons beurt moet wag. 
Intussen het een van ons ouers ‘n plek gekry waar ons gratis water van ‘n bouterrein in Woodstock kan kry. Dit is water van ‘n baie goeie kwalitiet. Sommige swembadmaatskappye gaan haal ook daar water en die water wat nie gestoor of gehaal word nie, loop in stormwaterslote weg! Dit is egter ‘n stadige proses en ons sal u op hoogte hou wanneer ons swembad gereed is om in te swem.
Ons sal natuurlik eers die water laat toets voordat ons die leerders laat swem. As dit dan later moét, kan die swembadwater ook gebruik word om die toiletbakke te hervul. Die swembad kan dus as ‘n reservoir gebruik word as dag Zero aanbreek.
Ons wil ook vra dat alle leerders daagliks hulle eie water (500 ml of 1l) skool toe bring. Ons sal ook ‘n paar 5l waterbottels aankoop wat ons sal stoor vir noodgevalle. Verder het ons ‘n hele paar ander maatreëls in plek om water te bespaar! … Soos julle seker in vandag se Die Burger gesien het, kom “dag Zero” al hoe nader en al hoe vroeër..!!

ALGEMEEN

Die afgelope week het die skool begin om al die ouers se kontakbesonderhede en kommunikasievoorkeure te verifiëer. ALLE ouers moet asseblief seker maak hulle volg die instruksies in die e-pos wat vroeër die week in verband hiermee uitgestuur is. Almal se inligting moet asseblief teen Vrydag 26 Januarie geverifiëer wees. Baie dankie aan almal wat reeds flink gereageer het.

Kortliks weer die proses: Alle ouers met ‘n geldige e-pos adres is reeds op die webportaal geregistreer en u moet daar aanteken om u besonderhede na te gaan en veranderings aan te bring. Die e-pos wat u ontvang het bevat die nodige inligting om mee aan te teken. Maak asseblief ook op die webportaal seker dat u kommunikasievoorkeure t.o.v. die nuusbrief, SMSe, OOV kommunikasie korrek aangedui is.

Klik hier om aan te teken na die Webportaal 

Op elke laaste Vrydag van die maand, mag ons leerders sivvies dra. Eerskomende Vrydag, 26 Januarie, mag die leerders dus sivvies aantrek.

Liewe Jannies, 
Die waterkrisis is op almal se lippe. Maak seker dat jy op alle moontlike maniere waterverbruik verminder:
· Kry genoeg emmers (verskillende groottes) in die huis om gryswater oral op te vang – ook by die wasmasjiene.
· Spoel toilette slegs met gryswater.
· Vee vuil panne, kastrolle, borde eers met kombuisrol af voor jy dit was.
· Kies kossoorte vir etes wat minder skottelgoed maak.
· Gebruik kleiner handdoeke en was bedlinne minder gereeld.
· Moenie klere outomaties in die was gooi nie – maak seker dis regtig nodig.
· Blykbaar is olierige hare nou in.

Besoek die WWF webblad waar hulle elke Woensdag opdateer hoe ons vaar http://www.wwf.org.za/media_room/news/?23981/wednesday-water-file-01  
Tans slaag slegs 39% van ons daarin om minder as 87liter per dag te gebruik. Van volgende maand is dit 50 liter per persoon. Op die oomblik is, 12 April. Druk op die skakel om meer te lees wat Day Zero presies beteken:  http://awsassets.wwf.org.za/downloads/WWFWaterFile_FINAL.pdf
Dankie aan almal wat reeds fluks herwin by ons depot – die eerste ‘Jannie van die week’ sal volgende week aangekondig word.

WOENSDAE IS BRING-‘N-BLIKKIE DAG! 
Ons stuur weer volgende week ‘n besending blikkies en pakkieskos na ons projek in Khayelitsha. Laerskool Jan van Riebeeck is nou al meer as twee jaar betrokke by ‘n projek wat 28 jong kinders ondersteun wat in erge nood lewe. Verlede jaar het ons met die hulp van ‘n JvR-ouer ‘n huiswerksentrum gebou, en twee tutors help die kinders elke week met hul skoolwerk. Elke Woensdag stuur ons kos na die projek – jou skenking van enige kos (veral rys, kookolie, blikkies vis en mieliemeel) sal ‘n reuse verskil maak. Bring asb Woensdag kos skool toe. Baie dankie!

AKADEMIE

Die taak- en toetsroosters sal Vrydag, 26 Januarie 2018, aan al die graad 4 – 7-leerders uitgedeel word.  Dit sal ook op die webwerf (AKADEMIE) beskikbaar wees.

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/akademie/

---

KULTUUR

Vir al die Jannies wat n besondere talent het:
Hier is julle kans om deel te neem aan ons talentkompetisie. Dit vind op Woensdagaand 20 Junie in ons  skoolsaal plaas en alhoewel daar nog baie tyd is, kan julle reeds begin voorberei. Inskrywingsvorms sal aan die begin van die tweede kwartaal beskikbaar wees.

SPORT

As gevolg van die waterkrisis tref ons ‘n tydelike reëling om watergebruik te verminder tydens die was van wasgoed.   Slegs leerders wat na skool aan sport deelneem mag op Maandae, Woensdae en Donderdae met hul sportklere skool toe kom.  Dinsdae en Vrydae moet alle leerders met skooldrag skool bywoon.  Sportklere sal op hierdie dae na skool (soos tans die reëling is) aangetrek word.  Leerders wat op ‘n Dinsdag of Vrydag LO het, mag met die korrekte LO-drag skool toe kom.

Swemoefening gaan voort

Swemoefening begin eerskomende Maandag, 29 Januarie. 

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Let us sacrifice our today so that our children can have a better tomorrow.
-A. P. J Abdul Kalam

 

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209