Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Saterdag, 3 Februarie 2018 Seniorkoor werkswinkel GEKANSELLEER

Saterdag, 3 Februarie 2018 Me. Marili Thomson verjaar

Maandag, 5 Februarie 2018 Atletiek: Interskole (Groenpunt Stadion)

Maandag, 5 Februarie 2018 BR-Vergadering (Personeelkamer)

Vrydag, 9 Februarie 2018 Klasbraai (Conradieveld)

Vrydag, 9 Februarie 2018 Redenaars Inligtingsessie

Maandag, 12 Februarie 2918 Me.Thebela Swartbooi verjaar

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Akademiesekomitee vergadering

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Hoërskool JvR Atletiek

Woensdag, 14 Februarie 2018 Valentynsdag-sivvies

Donderdag, 15 Februarie 2018 Swemgala: Juniors (Skoolswembad)

Vrydag, 16 Februarie 2018 Swemgala: Seniors (Skoolswembad)

Saterdag, 17 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Vygieskraal)

Woensdag, 21 Februarie 2018 Gr.5 S.O.S.- kamp

Vrydag 23 Februarie 2018 Gr.5’s terug

Vrydag, 23 Februarie 2018 Sivvies

Saterdag, 24 Februarie 2018 Atletiek:WP Byeenkoms

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Juff. Astrid Jordaan en Adri Marais verjaar

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Gr.3 Redenaarskompetisie

Woensdag, 28 Februarie 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Februarie 2018 Gr.4-5: Redenaarskompetisie



>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Maandag 5 Februarie

Meer as 70 van ons skool se atlete sal eerskomende Maandag op Groenpuntstadion aan ons interskole se atletiekbyeenkoms deelneem. Die atlete en beamptes moet reeds om 08:00 by die stadion wees. Baie van ons onderwysers tree as beamptes op.

Vir leerders wat nie deelneem nie is dit ‘n normale skooldag. Daar sal van nie-registeronderwysers en assistente gevra word om vir daardie dag die klasse waar te neem waar onderwysers afwesig is.

Lesse soos musiek wat as gevolg van bogenoemde reëling gemis word, sal by ‘n latere geleentheid weer ingehaal word.

Ons wil ook vir al ons atlete baie sterkte toewens en glo dat dit baie goed sal gaan. Daar is vanjaar 8 skole wat sal deelneem. Baie dankie ook aan Mnr. Leon Hanekom en sy vrou Razelle, wat aan die hoof staan van al die reëlings!

ALGEMEEN

Baie geluk aan Kayla van Heerden, in Graad 4, wat vanjaar se eerste Jannie van die Week is. Dankie dat jy en jou gesin so fluks herwin – hou so aan! Julle ontvang ‘n R100 geskenkbewys om by Col’Cacchios in die stad te geniet!



Ons wil die week julle aandag vestig op plastiekstrooitjies – hulle word tans nêrens herwin nie en beland dikwels in die natuur waar hulle groot skade aanrig.

Kliek op hierdie skakel na die Akwarium se briljante veldtog teen plastiekstrooitjies: https://www.aquarium.co.za/blog/entry/straws-suck

Verspei die boodskap en sê asb “nee” vir plastiekstrooitjies. As ‘n strooitjie volgens jou ‘n moet is, kan jy glas ( https://www.streamstraws.com) of stainless steel (http://www.forevastraws.co.za) strooitjies koop.

Ons daag elke gesin uit om plastiekstrooitjies op te tel, en ‘n “eco brick” te begin – sien die skakel oor eco bricks as boustene- http://www.ecobricks.org/

Volgens ons beleid is hoede pouses en tydens sportoefeninge verpligtend. Die JvR-breërandhoed of ‘n JvR-pet is toelaatbaar. Ons maak staat op julle samewerking!

Die graad 6’e sorteer twee keer per week die verlore goedere en lewer die gemerkte besittings by klasse af. Ongemerkte items word in die kas voor die biblioteek gestoor.

So asseblief Jannies, merk julle klere, skoene en kosblikke!

Op Dinsdag, 13 Februarie, word die klas- en individuele foto’s geneem. Leerders moet asb. netjiese skooldrag aanhê. U sal ‘n wit koevert ontvang waarin u die kontant vir die foto’s kan sit. Ons neem die bestellings en gee die koevert met geld in, vir die fotograaf .

Boeties en sussies kan saam afgeneem word. Indien u meer as een kind het wat ‘n individuele foto laat neem, vul asb. aparte koeverte in en stuur dit na die klasonderwyser. Die laaste dag om die foto’s te bestel en te betaal, is 9 Maart. U sal die foto’s voor die vakansie ontvang.

Dankie vir u samewerking.

Ischké Felix en Suzaan Burger

AKADEMIE

Net ‘n herinnering dat die Taak&Toetsroosters van Gr.4-7 op die webtuiste onder AKADEMIE te vind is. Kyk maar gereeld op die webtuiste vir enige veranderinge of verskuiwings wat soms plaasvind.

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/akademie/

---

KULTUUR

Dit spyt my om die kooroefening vir Saterdag af te stel weens verskeie ouers en leerders se vol programme , wat meebring dat slegs ‘n derde van die koor die oefening sou kon bywoon. Dit dien dan geen doel nie.

AIDT en Dance Cor Moderne Dans /Contemporary /Hip Hop en AAB American Academy of Ballet.

Dansers kry die kans om net lekker te dans maar ook deel te neem aan kompetisies, bv: Cape Town Eisteddfod /Eksamens /Choreography/ Awards/ Funksies en Dans-Prysuitdeling.

Kontak asb vir Barbie by 072 454 9353

E pos: barbie.schreuder.dance@gmail.com

Webtuiste: www.barbaraschreuder.com

SPORT

Eerskomende Maandag neem 64 van ons atlete deel teen 7 ander skole by Groenpuntstadion.

Hier volg ‘n paar algemene reëlings:

1. Alle atlete moet om 07:45 by die stadion wees. Die eerste item begin om 08:30

2. Ons moedig alle leerders aan om van eie of publieke vervoer gebruik te maak. Parkering is baie beperk en alle skole het slegs toegang tot parkering – P4. Indien die parkering vol is moet publieke parkering gebruik word. Niemand mag in enige ander parkeer blokke parkeer nie.

3. Atlete moet deur die VIP-ingang toegang tot die stadion bekom. Toegang vir ouers is aan die voorkant van die stadion. Toegang is gratis.

4. Juf van Zyl en van der Merwe sal die leerders daar ontvang om vir elke atleet ‘n armband te gee. Niemand mag in die stadion gaan sonder ‘n armband nie.

5. Onthou asb. waterbottel en hoed, maar geen glasbottels word toegelaat nie.

6. Atlete moet die skool se atletiekhempie (elke leerder het een ontvang) en blou broekie aan hê.

7. Verversings sal op die dag verkoop word.

8. Geen leerder mag die perseel verlaat sonder ‘n ouer en die toestemming van die spanbestuurders nie. Spanbestuurder is juf. van Zyl, van der Merwe en mnr. Hanekom.

9. Wanneer atlete nie deelneem nie moet hulle op die pawiljoen wees. Geen ouers word toegelaat op die baan nie. 10. Leerders moet onthou om pleister saam te bring vir hulle voete.



Sien program indien daar enige onsekerhede is.

Ons wil vir elke atleet alle sterkte toewens. Doen jou bes en moet nie vergeet om dit te geniet nie.

As gevolg van al die atlete en personeellede wat Maandag by die interskole atletiekbyeenkoms is, sal daar geen skoolsport wees nie.

Dit is met groot trots dat ons kan sê dat Laerskool Jan van Riebeeck vir die eerste keer gekwalifiseer het om in die Interprovinsiale skole-kompetisie op Oudtshoorn te kan deelneem!Slegs die top 3 skole in die WP kwalifiseer. Die 3 skole wat WP verteenwoordig teen Boland, SWD en Grens is Laerskool De Hoop, Durbanville en Jan van Riebeeck.

Ons atlete het reg deur die seisoen baie goed presteer en skole soos Welgemoed, Eikestad, Panorama, Table View en Kenridge geklop om te kwalifiseer. Ons atlete wat eerskomende naweek op Oudtshoorn gaan deelneem is: Sophia Liebenberg Albert Griesel Alexander Benecke Stefan Griesel Lourens van der Walt Isabella van der Walt Stef Mostert Henry Potgieter Elmarie Combrink

Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe en wil graag vir mnr. Hanekom bedank vir al sy opofferings tydens die seisoen.

Die krieketseisoen het weer aangebreek en ons het hierdie week afgeskop met ons eerste wedstryd teenLaerskool Kampsbaai.

JVR het die geleentheid gehad om eerste te kolf en het in die 20 boulbeurte ‘n totaal van 100 lopies aangeteken. Baie geluk aan Peet Karstens(23 lopies) en Benjamin Pienaar(23 lopies). JVR neem toe die veld oor vir ons boulbeurt. Dit was voorwaar ‘n belewenis om te aanskou hoe hierdie jongmanne as ‘n span kan saamwerk. Kampsbaai kon slegs 27 lopies in 15 boulbeurte aanteken met al hulle paalties plat!.JVR wen dus die wedstryd met 5 paaltjies.

wel gedaan manne!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

In voorspoed ken ons vriende ons; in teenspoed ken ons ons vriende.

– Churton Collins, Aphorisms

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209