Die krieketseisoen het weer aangebreek en ons het hierdie week afgeskop met ons eerste wedstryd teenLaerskool Kampsbaai. JVR het die geleentheid gehad om eerste te kolf en het in die 20 boulbeurte ‘n totaal van 100 lopies aangeteken. Baie geluk aan Peet Karstens(23 lopies) en Benjamin Pienaar(23 lopies). JVR neem toe die veld oor vir ons boulbeurt. Dit was voorwaar ‘n belewenis om te aanskou hoe hierdie jongmanne as ‘n span kan saamwerk. Kampsbaai kon slegs 27 lopies in 15 boulbeurte aanteken met al hulle paalties plat!.JVR wen dus die wedstryd met 5 paaltjies. Wel gedaan manne !!!