Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 9 Februarie 2018 Klasbraai is UITGESTEL na 4de kwartaal

Vrydag, 9 Februarie 2018 Redenaars Inligtingsessie

Maandag, 12 Februarie 2018 Thembela verjaar

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Akademiesekomitee vergadering

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Fotodag: Individuele-klas-en boetie/sussiefoto’s

Dinsdag, 13 Februarie 2018 Hoërskool JvR Atletiek

Woensdag, 14 Februarie 2018 Valentynsdag-sivvies

Saterdag, 17 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Vygieskraal)

Woensdag, 21 Februarie 2018 Gr.5 S.O.S.- kamp

Vrydag, 23 Februarie 2018 Gr. 5’s keer terug van kamp

Vrydag, 23 Februarie 2018 Sivvies

Saterdag, 24 Februarie 2018 Atletiek:WP Byeenkoms

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Juf. Astrid en Adri verjaar

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Gr.3 Redenaarskompetisie

Woensdag, 28 Februarie 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Februarie 2018 Gr.4-5: Redenaarskompetisie

Saterdag, 3 Maart 2018 Eliam verjaar

Dinsdag, 6 Maart 2018 Hoërskool JvR: Opedag

Dinsdag, 6 Maart 2018 Gr.6-7:Redenaarskompetisie

Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping

Donderdag, 8 Maart 2018 Verkiesing: Nuwe BR-Lede

Vrydag, 9 Maart 2018 Marike verjaar

Saterdag, 10 Maart 2018 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ouerinligting vir leerders se verjaarsdagpartytjies

Die onderwysers, kantoorpersoneel en OOV verteenwoordigers kry gereeld versoeke van ouers vir die e-pos adresse van ander ouers vir verjaarsdagpartytjie uitnodigings. Volgens wetgewing, spesifiek die Protection of Personal Information (PoPI) Act, mag die skool geen ouerinligting uitdeel nie. Indien ouers partytjie-uitnodigings per e-pos wil uitstuur, sal hul self reëlings moet tref om ouers se e-pos adresse te bekom. Hand-geskrewe uitnodigings kan ook gebruik word.

BELANGRIK:Klasbraai uitgestel

Volgens verskeie weervoorspellings dat dit om 19:00 vanaand gaan begin reên, het ons besluit om die klasbraai van vanaand uit te stel na die vierde kwartaal.

ALGEMEEN

Baie geluk aan Dewald Buitendag in Graad 3 – wat ons Jannie van die week is – dankie dat jy so gereeld herwin! Jy wen ‘n R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Kaapstad se eerste plastieksak-vrye klein supermark het onlangs oopgemaak. By Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine en New York Bagels) kan jy kos en huishoudelike produkte per gewig koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Vir meer inligting sien http://nudefoods.co.za/

Het jy ook geweet dat Bargain Books nou al vir ‘n geruime tyd geen plastieksakke by hul winkels gebruik nie? Lees hier verder oor dié suksesverhaal: https://www.aquarium.co.za/blog/entry/one-year-later-bargain-books-ban-on-plastic-bags

Kyk gerus ook weer na die Rethink the Bag-veldtog wat deur die Two Oceans Akwarium geloods is https://www.aquarium.co.za/blog/entry/ending-on-a-high-rethink-the-bag-highlights-at-the-end-of-2017Hayley McLellan het hierdie veldtog in 2011 begin en het ‘n paar jaar gelede met ons leerders kom gesels. Sy noem in haar blog dat die Waterfront planne het om dié sentrum ‘n plastieksakvrye zone te maak. As jy wel plastieksakke gebruik, onthou om dit te herwin by die JvR herwinningsdepot.

Op Vrydagoggend, 9 Februarie 2018, om 10:00 word daar 2000 5liter vol waterbottels, by Laerskool Jan van Riebeeck (Kaapstad) afgelaai. Die Waterdryfspan van Laerskool Vastrap in Rustenburg, Noord-Wes, se ouers het hulle harte en hande oopgemaak en besluit om ‘n waterdryfprojek te reël om hulp te verleen aan die Kaap se waterkrisis ter voorbereiding aan ‘Day Zero’. Binne enkele ure het die gemeenskap van Rustenburg skole en besighede saamgekom en ons staan tans op 50 000liter water wat ingesamel is.

Die Waterdryfprojek se afsnypunt word beplan vir Vrydagoggend, 9 Februarie 2018, te Laerskool Vastrap Rustenburg, waar die trokke van Gift of the Givers die water sal oplaai. Daar is ‘n verdere 10,000liter geskenk aan Laerskool Jan van Riebeek in die Kaap. Die ouers se bereidwilligheid om hulle hande diep in hul sakke te steek, het hulle in staat gestel om finansiële bydraes te lewer aan verdere organisasies in die Kaap.

Gedurende die Waterdryfprojek is hulle bewus gemaak van ‘n water tekort sommer op hul voorstoep in ‘n gemeenskap genaamd Koster, 20 km uit Rustenburg, waar hulle volgende week teen 16 Februarie 2018 ‘n verdere 25 000 l sal aflewer. Laerskool Vastrap wil graag poog om ander dorpe en stede te inspireer om betrokke te raak by hierdie inisiatief en dorpe uit te daag om in hul voetspore te volg.

Ons is trots Suid-Afrikaans en is oorweldig deur die gemeenskap en skole se bereidwilligheid om bydraes te lewer aan hierdie Waterdryf net in Rustenburg alleen. Saam kan ons ‘n verskil maak, as ander dorpe en stede betrokke raak. Hulle is kinderlik optimisties dat die projek al ons verwagtinge sal oortref.

Die skool (Laerskool Jan van Riebeeck) sal ‘n groot gedeelte van die water met hul buurskole, Ellerton Primary en Prestwich Primary, deel. Die onderskeie skole se leerderraad sal die water in ontvangs neem en op hierdie manier reik ons skole en gemeenskap na mekaar uit. Laerskool Jan van Riebeeck spreek hul dankbaarheid uit teenoor Laerskool Vastrap en die omliggende skole en gemeenskap van Rustenburg vir hierdie pragtige gebaar.

Ouers van Huppelland en Laerskool Jan van Riebeeck kry 10% afslag vir watertenks ( as jy voor einde Feb. jou bestelling plaas) wat deur een van ons ouers vervaardig word. Hierdie tenks sal teen einde Februarie/begin Maart beskikbaar wees. Die tenks is beskikbaar op die volgende webtuiste: www.makulutanks.co.za

Tenks kan ook op die webtuiste bestel word. Gebruik die afslagkode, ‘huppelland’ as jy die bestelling plaas en dit sal ‘n 10% afslag toepas.

Baie dankie aan Werner du Toit van Fenix Rising.

Herinnering: Op Dinsdag, 13 Februarie, word die klas- en individuele foto’s geneem. Leerders moet asb. netjiese skooldrag aanhê. U sal ‘n wit koevert ontvang waarin u die kontant vir die foto’s kan sit. Ons neem die bestellings en gee die koevert met geld in, vir die fotograaf .

Boeties en sussies kan saam afgeneem word. Indien u meer as een kind het wat ‘n individuele foto laat neem, vul asb. aparte koeverte in en stuur dit na die klasonderwyser. Die laaste dag om die foto’s te bestel en te betaal, is 9 Maart. U sal die foto’s voor die vakansie ontvang.

Ons hou op Vrydag, 2 Maart ,‘n muntlegging/nootlegging om die woorde WEES USELF in die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) te koop.

Dit behels die volgende:

*Leerders bring R1, R2 of R5 muntstukke of selfs ‘n noot,op Vrydag 2 Maart.

*Die skool ontvang ‘n sertifikaat met ons naam en die woorde wat ons koop.

*Ons kan R25 000 wen vir die skool in ‘n prystrekking, geborg deur Sanlam.

*Die skool kry gratis toegang tot die aanlyn- WAT, vir vyf jaar.

Op Woensdag, 14 Februarie, kan leerders sivvies dra in die volgende kleure: rooi, pienk en wit.

Die Karri-toepassing (app) word slegs gebruik vir kontantinvorderings. U sal eers u kind se unieke nommer vir die toepassing ontvang wanneer daar ‘n skoolfunksie of aktiwiteit gelaai word waarby u kind betrokke is. U kan net vir ‘n skoolaktiwiteit deur Karri betaal wanneer die skool dit gelaai het en u genooi het om deur die toepassing te betaal.

AKADEMIE

Ons is baie trots op die oud-Laerskool Jan van Riebeeck-leerders wat so puik tydens 2017 op die akademiese front presteer het.

Matriekuitslae:

Hoërskool Jan van Riebeeck

Gabriël Yssel 90% (7 A’s)

Emile de Wet 88,2% (7 A’s)

Anél van der Vyver 87,5% (7 A’s)

Marali Beukes 86,8% (7 A’s)

Gina Lamprechts 86,7% (7 A’s)

Jans Rautenbach 86% (6 A’s)

Louise Bester 83,4% (5 A’s)

Gideon Jordaan 82,4% (6 A’s)

Tarien Riekert 82,2% (5 A’s)

Rigardt van Rooyen 80,2% (5 A’s)

Volgens Solidariteit se berekeninge lê Hoërskool Jan van Riebeeck in die 8ste posisie landwyd in die Top 20-skole met die hoogste persentasie onderskeidings vir Afrikaans Huistaal.

Hoërskool Paarl Gimnasium

Mila Lategan 93,6% (7 A’s)

Hoërskool Bloemhof

Maryke van Schalkwyk 86% (7 A’s)

*Bogenoemde uitsonderlike prestasies is enigste waarvan ons tans kennis neem.



Prestasies van oud-leerders in ander grade tydens 2017 behaal:

St Cyprians

Dux-leerder graad 8: Emma McNab

Dux-leerder graad 9: Leila van der Westhuizen

Rondebosch Boys

Graad 10: Bernard Strauss – Beste Engelse spreker

Charl Botha – Vakprys in Engels

Josquin du Toit – Prys in Afrikaans



‘n Versoek word gerig om ons asseblief op hoogte te hou van oud-Laerskoolleerders wat goed in die hoërskool presteer. Dis verskriklik lekker om van hul suksesse te hoor!

---

SPORT

As gevolg van die waterkrisis is alle swemoefening gekanselleer vir hierdie kwartaal. Die swemgala word uitgestel na die VIERDE kwartaal.

Die 0/9 en 0/11 krieketwedstryde is slegs vir HIERDIE week gekanselleer. Oefening gaan egter voort vir almal.

Dit het die naweek heel goed gegaan met ons skaak-spelertjies.

Die volgende Jannies het aan die Sentraal distrik WP-proewe deelgeneem: Peet en Jan Karsten Petrus en Louis Bosman, Bernard Lombaard, Gerard,Liezel, Carla en Emma Snijders. (al vier Snijderse uit een gesin!)

Hulle het almal goed gespeel en ons het heelwat silwerware huistoe gebring.

Emma was 1ste vir meisies o/7, Louis was 1ste vir seuns o/7, Petrus was 2de vir seuns o/9, Carla was 1ste vir meisies o/11, Jan was 2de vir seuns o/11, Gerard was 2de vir seuns o/13

Louis, Petrus, Jan, Peet, Emma, Carla, Liezel en Gerard kwalifiseer vir die sentraal span wat in Maart teen die ander WP-streke te staan kom.

Baie geluk julle,ons is sommer baie trots op julle !

Maandag,5 Februarie, het ons teen 7 ander skole te staan gekom in die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Ons atlete het al vroeg in die jaar begin oefen en was reg vir die dag.

Van vroeg af is daar opgestel en reggemaak vir die dag. Om 08:00 kon jy die atmosfeer in die stadion voel. Alle atlete was opgewonde en senuweeagtig op dieselfde tyd. Ons atlete het pragtig vertoon. Almal het die skool se atletiekhempie aangehad en ons het van die begin af soos ‘n wenspan gelyk.

Om 08:30 het die byeenkoms begin en ons het dadelik ons merk gemaak met Mia Nortjé en Stef Mostert wat die eerste twee items van die dag wen. Ons atlete het verder deur die dag uitstekend presteer. Vanaf die klein 0/7’s tot ons 0/13’s het almal in elke item net hul bes gegee.

Baie van ons atlete het ook rekords gebreek. Alexander Newton en Jacomien van der Westhuizen in die hoogspring. Danny Newton in die hekkies. Nicole Prinsloo in die gewigstoot en Stef Mostert in die 800m. Hierdie prestasies was net deel van ‘n puik spanpoging.

Dit was 37°C en ons atlete het hul deursettingsvermoë gewys. Na alle items amper verby was, was dit tyd vir die aflosse. Die hoogtepunt van die dag.

Dit was ongelooflik om te sien hoe goed ons gevaar het. Al ons aflosse het in die top 3 geeïndig. 4 x eerste plekke, 2 x tweede plekke en 2 x derde plekke. Die dag het geeïndig en Jan van Riebeeck het vir die tweede jaar in ‘n ry interskole gewen. Baie geluk aan al 67 atlete wat deelgeneem het. Elkeen van julle het bygedra tot ons oorwinning.

Ons wil spesiaal vir mnr. en mev. Hanekom bedank vir hulle puik organisering van die byeenkoms, afrigting en voorbereiding van ons atlete. Als het glad verloop, sonder enige probleme. Ons weet daar was baie laat aande wat gewerk is om dit moontlik te maak. Dankie ook aan juf. Stahmer en Jordaan wat elke oefening met afrigting gehelp het asook elke personeellid wat op die dag as beampte gehelp het. Groot dankie aan Esna Boshoff en haar helpers wat gesorg het vir die heerlike verversings vir al die beamptes en Hannes en sy span vir die uitpak en wegpak van al die apparaat…dit word poreg waardeer ! Dit is almal se bydrae wat gehelp het tot ‘n onvergeetlike Interskole.

Verlede Saterdag, 3 Februarie, het 10 van ons atlete ons skool verteenwoordig by die interprovinsiale tweekampbyeenkoms te Oudtshoorn. Vir die eerste keer in die laerskool se geskiedenis het Laerskool Jan van Riebeeck gekwalifiseer om in skoolverband aan die kompetisie deel te neem. Slegs die top 3 skole in elke provinsie kwalifiseer, dus was daar 12 skole in totaal.

Die provinsies wat deelgeneem het was, WP, Boland, SWD en OP. Die skole per provinsie wat gekwalifiseer het was:

WP: De Hoop, Laerskool Durbanville en Jan van Riebeeck.

Boland: Laerskool Olifantsvallei, Curro Langebaan en Paarl Gimnasium.

SWD: Knysna Laer, George Suid en Glenwood.

OP: Sunridge, Summerwood en Lorraine.

Die kompetisie was baie sterk, maar ons atlete het gewys dat harde werk en met deursettingsvermoë is enige iets moontlik.

Jan van Riebeeck eindig 3de in skole kompetisie na Laerskool De Hoop en Olifantsvallei. Ons atlete was:

Sophia Liebenberg Albert Griesel Hein Liebenberg Stefan Griesel Alexander Benecke Lourens van der Walt Isabella van der Walt Henry Potgieter Stef Mostert Elmarie Combrink. Die is ‘n uitmuntende prestasie en ons atlete kan hul koppe baie hoog hou. Julle het Jan van Riebeeck se naam hoog gehou. Ons is baie trots op julle. Ons wil ook vir mnr. Hanekom bedank vir sy toewyding en afrigting om al ons atlete voor te berei.

O/13: Paaltjies val teen Cannons Creek

Hierdie week het ons O/13 krieketspelers teen Laerskool Cannons Creek(CC) deelgeneem op die Hoërskool JvR se krieketveld.

CC het die loting gewen en het besluit om eerste te kolf. Binne 19 boulbeurte het ons al hulle paaltjies geneem en hulle het ‘n totaal van 55 lopies aangeteken.

Baie geluk aan Bernard Lombaard met sy 4 paaltjies wat hy geneem het. Peet Karstens en Joshua Ellis het die kolfwerk vir JvR afgeskop en voltooi. Tussen die twee van hulle het hulle die nodige lopies binne 8 boulbeurte gehaal. JvR wen dus die wedstryd met 10 paaltjies.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

If you want peace, you don’t talk to your friends. You talk to your enemies.

– Desmond Tutu

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209