Atletiekkliniek: 26 November 2022
George (Sors) Joubert en sy span gaan op Saterdag, 26 November 2022, by Laerskool Kampsbaai 'n atletiekkliniek vir enige belangstellende atlete teen R350 p.p. aanbied. Die sessies gaan in twee afdelings verdeel word: tegniek en basiese toepassings / beweging. Enige iemand wat belangstel kan die kliniek bywoon. Voltooi die Google Form om in te skryf. Saterdag, 26 November 2022 PLEK: Symmondsveld, Kampsbaai TYD: 09:00 - 13:00 Afrigterspan vir die dag: Sprints: Henricho Bruintjies Suid-Afrikaanse Sprinter (100 m 9.97 sek.) Hoogspring: Jess Perez Suid-Afrikaanse Tienkampatleet – African Medallist Biomeganika: Dr GF Joubert Ex Suid-Afrikaanse atleet, Hoof van Sprints / Hekkies afrigter by Stellenbosch Universiteit Hekkies: Abri van Heerden ASA Vlak 2 afrigter, Hekkiesafrigter by Paarl Gym/Impossible Athletics Academy Gewigstoot / Spiesgooi: Muller Joubert ASA Vlak 2 afrigter, - Gooiafrigter by La Rochelle Verspring: Keanan Watson Ex Suid-Afrikaanse atleet, Wes-Kaapse Unitversiteit GOOGLE...
Leerders presteer in Kommunikasie-eksamen
Kate Mouton (graad 7), Stella Bojé (graad 7) en Karu Rademeyer (graad 5) het in September vanjaar die Suid-Afrikaanse Spraak- en Dramakollege se nasionale Mondelinge Kommunikasie-eksamen afgelê en het hul uitslae ontvang. Dié drie Jannies het reeds vanaf Januarie tydens ’n weeklikse les vir hierdie praktiese eksamen voorberei en dit saam met die junior dramagroep van die Hoërskool Jan van Riebeeck afgelê. Die vlak waarop hul ingeskyf is, Intermediêr 1, is dus reeds op die graad 8 & 9-hoërskoolleerders se vlak. Die eksamen behels ’n program wat elke leerder aanbied en die volgende insluit: ’n voorbereide demonstrasie of praatjie oor ’n interessante onderwerp, die voorlees en bespreking van ’n boek, improvisasie-standpunt of groepverhaalkuns, vrae en besprekings oor die aanbieding en dan het die hele groep saam ’n 12 minute-program met ’n spesifieke tema aangebied. Kate, Stella en Karu het al drie ’n allemintige 96% vir dié uitdagende eksamen behaal – ’n uitmuntende prestasie vir dié laerskoolleerders! Baie...
James Marais wen brons medalje by bergfietskompetisie
James Marais (Gr. 4) het Sondag, 6 November 2022, aan die Western Cape Downhill Champs bergfietskompetisie te Hellsend Dirt Compound (Vuurberg) buite Stellenbosch deelgeneem. Hy het 'n derde plek in die Nipper Boys kategorie behaal. Die resies het bestaan uit oefen rondtes Saterdag, ‘n kort oefensessie Sondagoggend, een afrit om die begin volgorde van die resies te bepaal en die afdraende resies later die Sondag. Baie geluk met jou medalje,...
American Academy of Ballet Performance Awards: 13 Nov. 2022
Sondag, 13 Nov 2022, by JvR om 10:00. Ons beoordelaar is Laurence Kaplan, Direkteur van AAB New York. Kom ondersteun ons dansers asb.! Almal is al so opgewonde en het hard geoefen. Ons dansskool se dansers is besonders en talentvol en styg in beide genres uit - die Klassiek en die Moderne. Dit is prysenswaardig! Dis deels weens heelwat individuele aandag en dat hulle in hanteerbare groepe goeie opleiding ontvang. Die Cape Town Eisteddfod (Mei 2022) uitslae was uitstekend. Moderne Dans Assessment (29 Okt 2022) was 'n nuwe aangeleentheid en 'n groot sukses. Ons wil dit graag volgende jaar uitbou tot 'n volwaardige geleentheid vir alle dansers. Nou dans hulle die pragtige AAB Ballet (13 Nov). Dit lê baie naby my hart en dis 'n groot voorreg om ons dansers te kon afrig en motiveer en 'n groot eer om mnr. Kaplan te ontvang. Die volgende 25 dansers neem aan die AAB Performance Awards deel: Graad 1 Christa -Bella Swart Annabelle Enslin Christina du Toit Isla Jooste Graad 2 Noah Karusseit Heidi v Heerden Natalie Lawson Graad 3/4 Jana v Gijsen Solange Stevens Danielle Fourie Sadie Gillmer Gabriella Buckenham Ella Grey Graad 5/6 Daniella Boshoff Jessica Schincariol Larah Opperman Michaan Naylor Kerala Allewell Karlien v d Walt Graad 7/8 Emma Liebenberg Lara Basson Juliette Visser Amelie VIsser Lumarie Fourie Graad 10 Marianne Nel Soos hulle sê, "break a...
Skryfbehoeftes vir Grondslagfase-leerders van 2023
Liewe Grondslagfase Ouer/Voog van 2023 Die einde van die jaar het aangebreek en dit is tyd om reg te maak vir 2023. Die skryfbehoeftes vir 2023 is op die Karri-toep gelaai en is tot 30 November 2022 beskikbaar. Indien jy hierdie geleentheid misloop, sal julle self verantwoordelik wees vir die aankoop van skryfbehoeftes. Elke graad se skryfbehoeftelys sal vroeg in Desember op die skool se webtuiste beskikbaar wees. Indien jy skryfbehoeftes bestel het, sal dit in die nuwe jaar in die leerder se klas op hul wag. Baie...
Konsertfoto’s en -video skakels
Die skakels na die konsertfoto's en -video is nou aan almal gestuur wat dit op die Karri-toep bestel het. Indien jy dit bestel het, maar nie die skakel na die foto's en/of video ontvang het nie, stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Vir enige ander navrae of versoeke, kan jy ook vir Suzaan kontak. Ons wil 'n versoek aan ouers rig om asb. nie enige foto's van ander ouers se kinders op sosiale media te plaas nie. Indien jy 'n foto wil plaas waarin ander ouers se kinders ook is en hul gesigte duidelik sigbaar is, maak asb. eers by daardie kinders se ouers seker of jy die foto op sosiale media mag plaas. Ons wil graag ouers se privaatheid respekteer. Julle is welkom om die registeronderwyser in die verband te kontak. Baie dankie aan Annéne van Eeden vir ons pragtige konsertfoto's! Sy het baie moeite gedoen om foto's van al die aande te neem en selfs "behind the scenes" oomblikke vas te vang. Dankie ook aan Pie in the Sky Productions vir die professionele...
o.11 Krieketwedstryde: 9 November 2022
Ons o.11 spanne speel Woensdag, 9 November 2022, teen Golden Grove en Rosebank wedstryde. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. o.11 A-SPAN (Juf Ischké Felix) WEG SPAN: o.11 A vs. Golden Grove PLEK: Golden Grove Primary school, Stuart Road, Rondebosch VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 o.11 B-SPAN (Juf Sharon Mabena) TUIS SPAN: o.11 B vs. Rosebank PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE...
o.13 Krieketwedstryde: 10 November 2022
Ons o.13-span speel Donderdag, 10 November, 'n wedstryde teen Laerskool Groote Schuur. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.13 A vs. Groote Schuur PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:00 GOOGLE...
o.8 en o.9 Krieketwedstryde: 11 November 2022
Ons o.8 A en o.9 A spanne neem Vrydagmiddag aan Durbanville Voorbereiding se Day/Night Cricket Festival deel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.8 A o.9 A PLEK: Durbanville Krieketklub in Sport straat (oorkant Durbanville Golfbaan) VERTREKTYD: 15:30 WEDSTRYDE BEGIN: ±17:00 TERUG BY SKOOL: Ouers moet asseblief self leerders terug bring of met 'n maat reël. Daar is nie vervoer terug beskikbaar nie. Indien dit 'n groot probleem is kan ouers kontak maak met die sportkantoor. GOOGLE...
o.8 en o.9 Krieketwedstryde: 8 November 2022
Die onderstaande spanne speel Dinsdag, 8 November, wedstryde. Die o.9 A & B spanne speel teen Llundudno en die o.8 A-span speel teen Seepunt se o.9's. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. SPANNE: o.8 A vs. Sea Point o.9 A en o.9 B vs. Llundadno PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck veldjie by die skool WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 (Sea Point) 14:30 (Llundando) GOOGLE...
Tenniswedstryde: 9 November 2022
Vyf van ons spanne neem Woensdag, 9 November, aan tenniswedstryde TUIS en WEG deel. Kyk asseblief sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Izel Storm) TUIS SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Kenridge A PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 (Sodra skool arriveer) Noord-liga: Seuns A (Juf. Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Seuns A span vs. Kenridge A PLEK: Laerskool Kenridge, Baan 1,2 en 3 VERTREKTYD: 14:30 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:45 Noord-liga: Gemengde span (Juf Marianne Conradie) WEG SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Aristea PLEK: Laerskool Aristea, Kraaifontein VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Andri de Villiers) TUIS SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. CBC St John's Seunsspan PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 (Sodra skool arriveer) Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Mardry Wright) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. VRS Seuns PLEK: Laerskool Van Riebeeckstrand, Drommedarisstraat, Melkbosstrand VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 GOOGLE...
Huppelland op Sosiale Media
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Huppelland nou op sosiale media is. Volg ons gerus: Facebook Instagram Deel dit gerus ook met ander belangstellende ouers.
Geagte Ouers / Voogde
Ons somersportbuitemuurse program is in volle swang met leerders wat aan verskeie wedstryde en toernooie deelneem. Ongelukkig is die buitemuurse aktiwiteite vir kwartaal 4 van korte duur aangesien daar die laaste kwartaal van die jaar heelwat tyd aan die finale assesserings afgestaan word. Novembermaand het so stilletjies sy vriendelike opwagting gemaak en dit is onvermydelik om te dink dat die somervakansie en Kersfees net om die draai lê terwyl die wêreld stadig maar seker vir 2023 gereedmaak. Soos genoem in verlede week se nuusbrief het ons o.11-tennisspelers tydens die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 puik in die Ceres-Tennistoernooi presteer. Die afgelope naweek was dit die o.13-seuns en -dogters se beurt. Hulle het glad nie op hulle laat wag nie en in die spreekwoordelike voetspore van die o.11’s gevolg met die seuns- en dogterspanne wat beide silwer medaljes tydens die gewilde tennistoernooi verower het. Dit is duidelik dat ons tennis by die skool baie ‘gesond’ is en kan ons teen heelwat groter skole kompeterend meeding. Baie geluk aan die volgende o.13-dogters en -seuns met hul puik prestasie. Ons is baie trots op julle: Dogters: Stella Lamprecht Katia van Wyk Liza Hertzog Cara Swanepoel Seuns: Dawid-Wiese Viljoen Gustav Pansegrouw Johan Symington Pierre-Jaque Smit Baie dankie aan Andri en Maricqe wat die bogenoemde o.13-tennisspelers oor die naweek vergesel het. Ons is ook baie dankbaar vir al die ouers wat die leerders so mooi tydens die toernooi ondersteun en aangemoedig het. Op Woensdagmiddag, 1 November, het ons vir die eerste keer op die ‘nuwe’ sportveld agter die skool o.9 mini-krieketwedstryde teen Laerskool Kampsbaai aangebied. Dit was heerlik om saam met ons...
Atletiek: Bredasdorp Top 10
Nege van ons atlete het Vrydag, 28 Oktober, deelgeneem aan die Bredasdorp Top 10 byeenkoms nl. Albert Griesel, Sophia Liebenberg, Helene Greeff, Jean Petrie, Liza Hitge, Sebastian Senekal, Delmar Benecke en Sofia Newton. Daar was ongeveer 60 spanne van 34 verskillende skole wat deelgeneem het. Dit beteken dat daar meer as 500 atlete by die byeenkoms was. Ons atlete het baie goed presteer. Die volgende atlete het onder die top 8 posisies geeïndig vir hul onderskeie items: Albert Griesel: 800m en 1500m Sophia Liebenberg: Verspring en spiesgooi Helene Greeff: 400m Jean Petrie: 400m Liza Hitge: Hoogspring Delmar Benecke: 1200m Die byeenkoms word in twee afdelings verdeel, skole groter as 600, en skole kleiner as 600. Tydens die byeenkoms neem skole van albei groepe teen mekaar deel. Skole se posisies aan die einde van die byeenkoms word bepaal deur die punte wat aan atlete volgens die ASA-puntestelsel toegeken word. Punte word slegs toegeken aan die top 8 posisies per item. Ons span het algeheel 22ste uit 53 spanne geëindig en 8ste van 21 skole kleiner as...
Tennis: Dawid-Wiese en span wen goud!
Op 8 en 9 Oktober het Dawid-Wiese Viljoen die o.12 A WP-span by die Synergy Cup in Robertson verteenwoordig. Hulle span het met 98 punte goud gewen, die Cavaliers het met 72 punte die 2de plek beklee en die Eagles met 37 punte die 3de plek. Dawid-Wiese is ook as die Players Player of the Tournament aangewys. Baie geluk...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026