George (Sors) Joubert en sy span gaan op Saterdag, 26 November 2022, by Laerskool Kampsbaai ‘n atletiekkliniek vir enige belangstellende atlete teen R350 p.p. aanbied. Die sessies gaan in twee afdelings verdeel word: tegniek en basiese toepassings / beweging. Enige iemand wat belangstel kan die kliniek bywoon. Voltooi die Google Form om in te skryf.

Saterdag, 26 November 2022

PLEK: Symmondsveld, Kampsbaai
TYD: 09:00 – 13:00

Afrigterspan vir die dag:

  • Sprints: Henricho Bruintjies Suid-Afrikaanse Sprinter (100 m 9.97 sek.)
  • Hoogspring: Jess Perez Suid-Afrikaanse Tienkampatleet – African Medallist
  • Biomeganika: Dr GF Joubert Ex Suid-Afrikaanse atleet, Hoof van Sprints / Hekkies afrigter by Stellenbosch Universiteit
  • Hekkies: Abri van Heerden ASA Vlak 2 afrigter, Hekkiesafrigter by Paarl Gym/Impossible Athletics Academy
  • Gewigstoot / Spiesgooi:  Muller Joubert ASA Vlak 2 afrigter, – Gooiafrigter by La Rochelle
  • Verspring: Keanan Watson Ex Suid-Afrikaanse atleet, Wes-Kaapse Unitversiteit

GOOGLE FORM