Die skakels na die konsertfoto’s en -video is nou aan almal gestuur wat dit op die Karri-toep bestel het. Indien jy dit bestel het, maar nie die skakel na die foto’s en/of video ontvang het nie, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Vir enige ander navrae of versoeke, kan jy ook vir Suzaan kontak.

Ons wil ‘n versoek aan ouers rig om asb. nie enige foto’s van ander ouers se kinders op sosiale media te plaas nie. Indien jy ‘n foto wil plaas waarin ander ouers se kinders ook is en hul gesigte duidelik sigbaar is, maak asb. eers by daardie kinders se ouers seker of jy die foto op sosiale media mag plaas. Ons wil graag ouers se privaatheid respekteer. Julle is welkom om die registeronderwyser in die verband te kontak.

Baie dankie aan Annéne van Eeden vir ons pragtige konsertfoto’s! Sy het baie moeite gedoen om foto’s van al die aande te neem en selfs “behind the scenes” oomblikke vas te vang. Dankie ook aan Pie in the Sky Productions vir die professionele konsertvideo!